Nog studente gradueer by instansies sonder akkreditasie

Plaaslike media berig dat studente wat by die Midlands State University in Zimbabwe ingeskryf was en reeds hul kursusse voltooi het, steeds geen sertifikate ontvang het nie. Die groep sê die universiteit in die buurland het hul verwys na die instansie se plaaslike tak Amadi University College maar, daar word hul weer terug verwys. Van die studente sê hulle wag reeds ‘n jaar op hul sertifikate. Daar is ook tot dusver geen gradeplegtigheid gehou nie. Die plaaslike kwalifikasie owerheid se woordvoerder Absalom Absalom het aan plaaslike media bevestig dat die Amadi-instansie nie plaaslik geakkrediteer is nie en ook nie erkenning het in Zimbabwe nie. Van die studente wat nagraadse studies voltooi het en tot 70 000 Namibiese dollar betaal het, sê nie net is hul kwalifikasie onder gedrang nie, maar opvolgstudies is ook vertraag.