Rooies lê klag teen ACC-amptenaar, Noa reageer so…

Die voortvlugtige voormalige landdros, Walter ‘Rooies’ Mostert het ‘n beëdigde verklaring aan die ombud, Basilius Dykugha, sowel as Kosmos 94.1 Nuus gestuur. Hy maak aantygings teen die Teenkorrupsie-kommissie se ondersoekbeampte Justine Kanyangela, en sê sy het meineed gepleeg. Mostert maak verwysing na haar getuienis in sy eie saak. Die direkteur-generaal van die kommissie, Paulus Noa, het sy reaksie so verwoord.