Belas olie en gas maatskappye, nie publiek nie

Die leier van die Britse Arbeidersparty, Sir Keir Starmer sê die Britse regering behoort eerder meer belasting te hef op olie en gas maatskappye in die Verenigde Koninkryk as om belasting op verbruikers te verhoog. Britse huishoudings gaan, nes plaaslik en elders, gebuk onder stygende pryse en hoë inflasie….

Read More

SARB repokoers môre bekend

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal waarskynlik vandeesweek rentekoerse met ‘n verdere 25 basispunte verhoog tot 4,25 persent in ‘n poging om inflasie te vertraag, sê ekonome. ’n Peiling onder ekonome het gesê pryse kan vinniger styg as wat hulle verwag het voor Rusland se inval in die Oekraïne. Vyftien van die 19 ekonome het voorspel dat […]

Read More

Amerikaanse wetgewing in verband met pornografie moet aanpas

Die Amerikaanse hooggeregshof-kandidaat, Ketanji Brown Jackson, het haarself verdedig teen bewerings dat sy ‘n sagte benadering volg wanneer sy mense vonnis wat skuldig bevind is aan kinderpornografie. Die tweede dag van haar bevestigingsverhoor is na meer as 13 ure afgehandel. Indien sy bevestig word, sal Jackson die eerste swart vroulike lid wees in die Hooggeregshof […]

Read More

SA se inflasie vandag bekend

Statistieke SA maak vandag die verbruikersprys-indeks bekend , terwyl daar ook verwag word dat die Reserwebank heel waarskynlik binnekort die terugkoopkoers sal verhoog om inflasie te verminder. Die ekonomiese ontleder Bonke Dumisa sê daar word verwag dat die verbruikersprysindeks effens sal styg as gevolg van die Russiese-Oekraïnse-konflik:

Read More

Nul vertroue in SA se plaaslike regering

Die oorheersende tema in Suid-Afrika is dié van ‘n plaaslike regering wat die bevolking se vertroue verloor het omdat hy onsimpatiek en gevoelloos is. Dit is die mening van Harlan Cloete van die Universiteit van die Vrystaat. Hy sê dit spreek boekdele dat 70 persent nuwe raadslede vir die eerste keer verkies is. Dit is […]

Read More

Dubai: Beleggingsberaad vandag, braai môre

Die Namibiese regering sal van die Namibiese Beleggingsberaad by die Dubai Ekspo hou. Die beraad, wat klem lê op volhoubare beleggings vir ‘n gediversifiseerde, uitvoer-aangedrewe ekonomie sal poog om voornemende beleggers aan Namibië voor te stel en die land te posisioneer as ‘n voorkeur beleggingsbestemming. Luidens ‘n verklaring wat deur die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad uitgestuur is, sal daar môre ‘n nasionale […]

Read More

Grootfontein-boerin doen môre aansoek om borg

Die 65-jarige kommersiële boerin, Magriete Wilhelm, sal môre om borg in die Otavi-landdroshof aansoek doen. Sy is verlede week Woensdag in hegtenis geneem nadat sy op haar plaas, Fokshof, ,ongeveer 100 kilometer buite Grootfontein, die 31-jarige Sakaria Kaandje doodgeskiet het. Kaandje se familie het hom reeds die naweek uitgeken en die Namibiese polisie sê die nadoodse ondersoek toon dat hy drie keer […]

Read More

Net meer as 820 000 skoolgaande kinders

Die Namibiese onderwysministerie sê ‘n totaal 822 000 kinders is by Namibiese skole ingeskryf met 65 000, of te wel, 8 persent wat in koshuise woon. Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp word daar jaarliks 500 miljoen Namibiese dollar op koshuise bestee met ‘n daaglikse begroting van 22 dollar per kind per dag. Omaheke, Kunene en Otjozondjupa het […]

Read More

NamPower vra vir amper 13% verhoging

Plaaslike media berig dat die Namibiese Landbou-unie beswaar sal maak teen die aansoek deur NamPower vir ‘n amper-13 persent verhoging in kragtariewe. Volgens die unie, het die kragvoorsiener sy voorlegging aan die Elektrisiteitsbeheerraad reeds op 11 Maart gedoen en die raad het tot 30 April om die voorstelle en insette te oorweeg. Die unie sê die 12,8 persent wat NamPower vra is […]

Read More

Air Namibia se skuld spook by TransNamib

Die skuld van die bankrot Air Namibië spook nou by TransNamib. Volgens berigte het die maatskappy net 15 dae om 161 miljoen Namibiese dollar te betaal aan die Suid-Afrikaanse maatskappy ChallengeAir, of hy word gelikwideer. ChallengeAir se prokureur, Sisa Namandje het die betaling by TransNamib geëis. Die totale skuld van amper 10 miljoen euro is na ‘n arbitrasie-sessie deur die streekshof in München, Duitsland in 2018 toegestaan. Volgens […]

Read More