Sabalenka, Zverev deur na halfeindronde van Italiaanse Ope

Tennis: Aryna Sabalenka het die halfeidronde van die Italiaanse Ope gehaal na sy Amanda Anisimova met 4-6, 6-3, 6-2 geklop het en sy kan moontlik teen die wêreld se nommer-een Iga Swiatek te staan kom. Die derde gekeurde Sabalenka het die Amerikaner Anisimova vir die eerste keer in vyf probeerslae geklop en nou wag sy op die uitslag van Swiatek se wedstryd teen Biance Andreescu om te sien teen wie sy in die halfeindronde gaan speel. Alexander Zverev het die halfeindstryd in die mansafdeling gehaal deur Cristian Garin, die enigste ongekeurde speler, gemaklik met 7-5 en 6-2 kaf te draf.