Komm. Basson: NEFF-lede bly die naweek agter tralies

Die omstrede Michael Amushelelo en ander leiers van die Namibia Ecomic Freedom Fighters kan dalk die naweek in die Windhoekse polisieselle in aanhouding bly ná hulle vandag by in Windhoek in hegtenis geneem is. Dit volg nadat hulle gister winkels by China Town toegemaak het en op klagte van onder meer oortreding in hegtenis geneem is. Volgens Nampol se streeksbevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson het hulle nie vanmiddag voor vyf-uur in die hof verskyn nie.