Kaapstad is naaswenner van Stad-Natuur-uitdaging

Die Stad Kaapstad het die tweede plek behaal uit meer as 450 stede van oral in die wêreld in die Stad-Natuur-uitdaging. Deelnemers het meer as 66-duisend waarnemings en 4 388 spesies regoor die stad aangeteken. Die eerste plek is aan La Paz in Bolivië toegeken vir 137 345 waarnemings en 5 320 spesies. Die kompetisie is tussen 29 April en 2 Mei gehou waar deelnemers hulle waarnemings op die iNaturalist-toepassing geplaas het. Die onderburgemeester van Kaaptad, Eddie Andrews, het ‘n beroep op inwoners gedoen om hulle ryk natuurlike omgewing op Wêreld-Bioverskeidenheidsdag op 22 Mei te waardeer.