Geen politieke party kan enige ambassade sluit

Professor Andre Duvenhage, ‘n Suid-Afrikaanse politieke kenner, het sy stem gevoeg by die chaos wat in China Town in Windhoek uitgebreek het. Die sluiting van winkels in China Town, het gelei tot die arrestasie van verskeie lede van die Namibia Economic Freedom Fighters, insluitend die bekende aktivis Michael Amushelelo. Intussen het NEFF ‘n video vrygestel waarin gesê word dat hulle hul EFF-hoofkantoor in Suid-Afrika gekontak en gedreig het om die Namibiese ambassade in Pretoria te sluit as hul lede nie vrygelaat word nie. Duvenhage het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die EFF het geen politieke mag om enige ambassade te sluit nie.

Duvenhage het ook gesê elke regering het die mandaat om hierdie soort chaos te hanteer.