Aanlyn-geweld vind ook teen Namibiese vroue en meisies plaas

‘n Studie oor geslagsgeweld in Namibië het bevind dat daar ‘n sterk verband is tussen geslagsgweld en aanlyn-geweld teen vroue en meisies. Die land het ‘n paar wette in plek om geslagsgeweld te bekamp, asook ‘n nasionale geslagsbeleid, maar nie een van dié erken internetkommunikasie-tegnologie as instrumente om vroue te bemagtig of geslagsgeweld te bekamp […]

Read More

Namibiese ekonoom verwag Bank van Namibië gaan Reserwebank volg

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee wat besluit om die terugkoopkoers met 50 basispunte te verhoog. Dit beteken die prima uitleenkoers verhoog tot 8,25-persent. Cons Karamata, ‘n sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat hy verwag wanneer die Bank van Namibië die plaaslike repokoers sal aankondig.

Read More

Namibiese reënvalseisoen was bogemiddeld oor grootste dele

Die reënvalseisoen vanaf 1 Oktober 2021 tot 30 April 2022 was bogemiddeld oor die grootste dele van Namibië, volgens die Namibiese reënvalbulletin van April. Volgens die Namibiese Meteorologiese Dienste is daar egter kommerwekkende areas in die Omusati-, Oshana- en Otjozondjupa-streke. Plekke wat bo-normale tot normale reënval in April ontvang het, is die streke van Zambezi, […]

Read More

US-student vir verkragting gearresteer

Die Universiteit Stellenbosch bly in die nuus nadat een van sy studente op ‘n aanklag van verkragting in hegtenis geneem is. Die universiteit sê die slagoffer het ‘n saak van verkragting by die polisie aanhangig gemaak en ontvang tans berading. Die vermeende oortreder is geskors hangende ‘n interne ondersoek.

Read More

Turkye wil keer dat Swede en Finland by Navo aanlsuit

Turkye sê hy is vasbeslote om Swede en Finland se poging om by Navo aan te sluit te keer. President Recep Tayyip Erdogan het veral Stockholm beskryf as ‘n terreur-skuilplek. Die twee lande het hulle lank-gevestigde beleid om onbetrokke te bly laat vaar nadat Rusland Oekraïne ingeval het. Finland en Swede het gister ‘n gesamentlike […]

Read More

Napha ondersteun Zimbabwe se ivoor-versoek

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging het gereageer op Zimbabwe wat op soek is na internasionale steun om toegelaat te word om sy voorraad van ivoor waarop beslag gelê is, te verkoop. Die bykans een miljard Namibiese dollar wat hy verwag om te verdien, word dringend benodig vir die bewaring van sy vinnig groeiende olifantbevolking. Volgens natuurbewaarders […]

Read More

Reserwebank slaan hard met rentekoersverhoging

Die Reserwebank het vandag hard geslaan met ‘n rentekoersverhoging van 50 basispunte. Dit bring die repokoers, waarteen die Reserwebank geld aan banke leen, op 4,75 persent te staan en die prima rentekoers van banke op 8,25 persent. Dit word toegeskryf aan inflasie en verwagtinge vir inflasie oor die volgende jaar wat nou baie hoër is as die 4,5 persent, […]

Read More

Twee Pretoria-onderwysers slaan glo kleuters 

Die polisie stel ondersoek in na die optrede van twee onderwysers van die Darwin Opvoedkundige Speelgrond-nasorg-crèche in Pretoria-Tuine. Die onderwysers, ‘n ma en ‘n dogter, is afgeneem terwyl hulle kleuters rof behandel en slaan. In een video kan gesien word hoe ‘n vrou ‘n kind in ‘n toilet ‘n pak slae gee, terwyl nog beeldmateriaal ‘n vrou […]

Read More

Action Society versoek prestasie-evaluasies van ministers

Action Society se regspan het ‘n formele brief aan President Cyril Ramaphosa se kantoor gestuur waarin hy afskrifte versoek van die prestasie-ooreenkomste wat die ministers onderteken het. Die organisasie se direkteur van Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê die versoek sluit evalueringsverslae in wat die kriteria toon waarvolgens ministers geëvalueer word. Hulle wil die uitslae van elke […]

Read More

Harvey Boulter se saak tot 21 Julie uitgestel

Harvey Boulter, die Britse sakemagnaat, wat onder andere vir die moord op sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, aangekla word, het vanoggend sy eerste verskyning in die Windhoekse hoërhof gemaak.Adjunk-regterpresident Hosea Angula het die saak tot 21 Julie uitgestel.Boulter is vry op borgtog van ‘n halfmiljoen Namibiese dollar. Intussen dagvaar die Van Wyk-gesin vir Boulter vir […]

Read More