Aanlyn-geweld vind ook teen Namibiese vroue en meisies plaas

‘n Studie oor geslagsgeweld in Namibië het bevind dat daar ‘n sterk verband is tussen geslagsgweld en aanlyn-geweld teen vroue en meisies. Die land het ‘n paar wette in plek om geslagsgeweld te bekamp, asook ‘n nasionale geslagsbeleid, maar nie een van dié erken internetkommunikasie-tegnologie as instrumente om vroue te bemagtig of geslagsgeweld te bekamp nie. Vroue se regte aanlyn is nie duidelik deur die wette van die land gewaarborg nie. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se navorsingsgenoot, Frederico Links deel sy siening met Kosmos 94.1 Nuus.