McDonald’s in Rusland is verkoop
McDonald’s het ‘n ooreenkoms bereik om sy onderneming in Rusland te verkoop aan een van die voedselketting se lisensiehouers, die Russiese sakeman, Alexander Govor. Die aankondiging volg drie dae nadat McDonald’s aangekondig het hy verlaat die Russiese mark as gevolg van die inval in Oekraïne. Govor het ingestem om werknemers vir ten minste twee jaar te behou en […]
Beskerm die bye!
Vandag word Wêreldbye-dag herdenk. Die dag is uiters belangrik omdat dit die klem lê op die belangrikheid van bye vir die mens se voortbestaan. Bestuiwers is noodsaaklik vir die wêreld se voedselketting soos Nature Connection verduidelik…
Vermeende Maerua-rowers vandag in die hof
Die sewe vermeende rowers wat betrokke was by die rooftog op 8 Februarie by Maerua Mall in die hoofstad, verskyn weer vandag nadat landdros Desire Kamboua die saak op 11 Februarie vanjaar uitgestel het. Die groep het na bewering 162 000 Namibiese dollar in kontant by ‘n Kubaanse sakevrou gesteel. Die Namibiese polisie het 52 000 dollar teruggevind […]
Almal moet korrupsie aanspreek in SA
Suid-Afrika moet kollektiewe aanspreeklikheid neem om ‘n nasionale uitdaging te hanteer. Dit is volgens ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Gwen Ramokgopa. Sy het gepraat tydens ‘n bespreking by die Black Business Council se 2022-beraad. Die paneelbespreking het ook politici van ander politieke partye, insluitend die DA, EFF, UDM en IVP, ingesluit. […]
Covid in Noord-Korea ‘onder beheer’, sê Pyongyang
Noord-Korea sê dat hy goeie resultate behaal in sy stryd teen sy eerste bevestigde Covid-uitbreking. Daar is volgens owerhede 2,24 miljoen mense met koorssimptome. Daar is groot kommer aangewakker oor die gebrek aan mediese hulpbronne en entstowwe in die geïsoleerde land. Noord-Korea het nie gereageer op aanbiedinge van Suid-Korea en die Verenigde State, om hulp te stuur […]
Die Vrouesewes speel vandag in Frankryk
Die Springbok-vrouesewes maak vandag in Frankryk hulle langverwagte terugkeer na die wêreldverhoog. Hulle het in 2019 laas in Kaapstad teen ander topspanne kragte gemeet. Hulle kom vandag en môre in Toulouse ook te staan teen drie van die wêreld se top-vyf spanne, naamlik Australië, Amerika en Fidji. Afrigter Paul Delport sê hulle kan niks verloor […]
Grondbelasting moet einde Oktober betaal wees
Die Namibiese ministerie van landbou sê die sperdatum vir grondbelasting is 31 Oktober en so ook enige aansoek om kwytskelding. Die waardasierol is reeds op 29 April voltooi en opgelaai. Eienaars van kommersiële landbougrond kan navraag doen oor die bedrag wat hulle verskuldig is vir die 2016-17, 2017-18, 2018-19 en 2020-21 boekjare. Die ministerie het […]
Maree appelleer vandag teen weiering van borg
Die vermeende pedofiel en voormalige polisieman, Johann Maree wend hom vanoggend aan die hoërhof om te appelleer teen die weiering van borg deur Windhoek-landdros Celma Amadhila. Regter Boas Usiku staan vanoggend in vir regter Kobus Miller. Maree meen landdros Celma Amadhila het fouteer omdat sy beslis het die staat kan wel sy saak teen hom bewys en verder, dat hy sal vlug sou hy […]
Saoedi se oliebronne raak op
Daar is groot kommer oor die skynbaar kwynende oliebronne in Saoedi-Arabië. So ver terug as 2008, het die land reeds geprosesseerde seewater benut om die bron uit die grond te dwing. Maar, volgens die bekende Suid-Afrikaanse beleggings-ekonoom Dawie Roodt, is dit nie enigste faktor in die prys nie. Hy sê die prys van olie handel […]
Opknappings by Katutura-hospitaal vorder
Opknappings aan die Katutura-staatshospitaal se nood-eenheid duur al vir ‘n maand voort en daar is vordering. Die Namibiese gesondheidsministerie, die Motorvoertuig-ongelukkefonds en Standard Bank Namibië het in April verlede jaar die Katutura-staatshospitaal se noodeenheid-opknappings-inisiatief van stapel gestuur maar dit het eers vanjaar begin. Die Katutura-staatshospitaal het die grootste en besigste noodeenheid in die land en […]