Almal moet korrupsie aanspreek in SA

Suid-Afrika moet kollektiewe aanspreeklikheid neem om ‘n nasionale uitdaging te hanteer. Dit is volgens ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Gwen Ramokgopa. Sy het gepraat tydens ‘n bespreking by die Black Business Council se 2022-beraad. Die paneelbespreking het ook politici van ander politieke partye, insluitend die DA, EFF, UDM en IVP, ingesluit. Ramokgopa het toegegee korrupsie is verantwoordelik vir die toestand waarin die land tans verkeer: