Covid in Noord-Korea ‘onder beheer’, sê Pyongyang

Noord-Korea sê dat hy goeie resultate behaal in sy stryd teen sy eerste bevestigde Covid-uitbreking. Daar is volgens owerhede 2,24 miljoen mense met koorssimptome. Daar is groot kommer aangewakker oor die gebrek aan mediese hulpbronne en entstowwe in die geïsoleerde land. Noord-Korea het nie gereageer op aanbiedinge van Suid-Korea en die Verenigde State, om hulp te stuur nie. Noord-Korea het nie toetsvermoë nie en het nie gespesifiseer hoeveel van die mense met koors bevestig is dat hulle Covid opgedoen het nie. Maar, fabrieke is oop en ‘n staatsbegrafnis word ook die naweek beplan.