McDonald’s in Rusland is verkoop

McDonald’s het ‘n ooreenkoms bereik om sy onderneming in Rusland te verkoop aan een van die voedselketting se lisensiehouers, die Russiese sakeman, Alexander Govor. Die aankondiging volg drie dae nadat McDonald’s aangekondig het hy verlaat die Russiese mark as gevolg van die inval in Oekraïne. Govor het ingestem om werknemers vir ten minste twee jaar te behou en bestaande aanspreeklikhede teenoor verskaffers, verhuurders en nutsdienste te befonds. Die naam sal natuurlik verander word maar dit is nog nie bekend gemaak nie. Die prys van die transaksie is nie bekend gemaak nie. McDonald’s het 850 restaurante in Rusland en 62 000 personeellede.