Vroulike dokter by kliniek in Soweto aangeval

Die DA in Gauteng is bekommerd nadat ‘n pasiënt ‘n vroulike dokter aangeval het by die Lillian Ngoyi-kliniek in Diepkloof Sone ses in Soweto, wat ook kragonderbrekings ervaar het omdat sy kragopwekkers nie werk nie. Die DA-lid, Jack Bloom, sê dié besige kliniek is langs die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geleë, maar daar is slegs beperkte […]

Read More

Elf Suid-Afrikaanse rolprente by Cannes vertoon

Nie minder nie as elf Suid-Afrikaanse rolprente word op vanjaar se Cannes-rolprentfees in Frankryk ten toon gestel. Die beroemde geleentheid aan die Franse Riviera duur tot Saterdag. Onder die Suid-Afrikaanse inskrywings is die sielkundige riller The Domestic, die geskiedkundige drama The White Line en die bende-rolprent Call me Thief, wat oorspronklik vrygestel is as Noem […]

Read More

So beïnvloed China se ekonomiese uitdagings ons

Die Namibiese makelaarsfirma, Simonis Storm, het meer besonderhede bekend gemaak oor die impak van die inkrimping in die Chinese ekonomie. Daar is kommer oor ‘n daling in vraag na Namibiese kommoditeite in daardie land, maar, daar is ander kwessies ook, soos Theo Klein verduidelik. Hy voeg by dat buitelandse beleggings oor daaronder kan ly.  

Read More

Sprinkane sal nou begin afneem

Die sprinkaanplaag sal nou begin wyk, veral met die koue toestande wat voorkom. Volgens dr. Gerhard Verdoorn, ‘n Suid-Afrikaanse kenner in die gebied, sal daar hier en daar nog ‘n handvol voorkom maar, dis vir nou eers verby.

Read More

Effe meer Amerikaners wil kernkrag ontwikkeling sien

Amerikaners is gelyk verdeeld oor of kernenergie ‘n bron van elektrisiteit in die VSA moet wees, met 51 persent ten gunste en 47 persent daarteen gekant. Drie jaar gelede was die twee groepe gelyk op, op 49 persent terwyl die meerderheid, 54 persent in 2016 teen kernkrag gekant was. Die hoër ondersteuning vir kernenergie wat […]

Read More

Iran sal wraak neem vir Khodai

Iran sal die dood van die Revolusionêre Wagte se kolonel Sayad Khodai, nie vergeet nie en sal wraak neem. Dit is volgens President Ebrahim Raisi. Khodai is vanoggend in ‘n sluipmoordaanval in sy motor in Teheran doodgeskiet. Raisi sê veiligheidsmagte sal ondersoek instel. Die land blameer intelligensie operateurs van Israel vir die aanval en het […]

Read More

Sprinkane sal nou begin afneem

Die sprinkaanplaag sal nou begin wyk, veral met die koue toestande wat voorkom. Volgens dr. Gerhard Verdoorn, ‘n Suid-Afrikaanse kenner in die gebied, sal daar hier en daar nog ‘n handvol voorkom maar, dis vir nou eers verby.

Read More

Nuwe Beef Value Chain-forum oortref alle verwagtinge

Die Beef Value Chain-forum oortref op die oomblik alle verwagtinge. Hy het reeds meer as die helfte van sy doelwit van 100 miljoen Namibiese dollar in belegging bereik. Dit wil voorkom asof hy in sy doelwit kan slaag om beesvleisuitvoere onder produsentebeheer na winsgewende oorsese markte ‘n werklikheid te maak. Die stigter, Mecki Schneider het […]

Read More

Kommer oor WGO-wetgewing – Namibiese Health Defence League

Die Namibiese Health Defence League het hom sterk uitgespreek teen die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die liga sê wetgewing word deur die WGO opgetrek in die nadraai van die pandemie om lande se reaksie en gereedheid te versterk. Dr. Martin Wucher van die liga, sê die wetgewing ondermyn die soewereiniteit van lande.

Read More

Houtskoolprodusente moet reëls noukeurig nakom

Sommige houtskoolprodusente kom nie die reëls na nie. Foto’s het die naweek vanuit die Otjozondjupa-streek kop uitgesteek wat duidelik toon dat daar groot risiko vir veldbrande is. Verlede jaar het verskeie plase afgebrand as gevolg van roekelose houtskoolproduksie. Fritz Kaufmann, stigter van ISAP, wat die foto’s gedeel het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More