Houtskoolprodusente moet reëls noukeurig nakom

Sommige houtskoolprodusente kom nie die reëls na nie. Foto’s het die naweek vanuit die Otjozondjupa-streek kop uitgesteek wat duidelik toon dat daar groot risiko vir veldbrande is. Verlede jaar het verskeie plase afgebrand as gevolg van roekelose houtskoolproduksie. Fritz Kaufmann, stigter van ISAP, wat die foto’s gedeel het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.