Nuwe Beef Value Chain-forum oortref alle verwagtinge

Die Beef Value Chain-forum oortref op die oomblik alle verwagtinge. Hy het reeds meer as die helfte van sy doelwit van 100 miljoen Namibiese dollar in belegging bereik. Dit wil voorkom asof hy in sy doelwit kan slaag om beesvleisuitvoere onder produsentebeheer na winsgewende oorsese markte ‘n werklikheid te maak. Die stigter, Mecki Schneider het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.