Vroulike dokter by kliniek in Soweto aangeval

Die DA in Gauteng is bekommerd nadat ‘n pasiënt ‘n vroulike dokter aangeval het by die Lillian Ngoyi-kliniek in Diepkloof Sone ses in Soweto, wat ook kragonderbrekings ervaar het omdat sy kragopwekkers nie werk nie. Die DA-lid, Jack Bloom, sê dié besige kliniek is langs die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geleë, maar daar is slegs beperkte sekerheidsdienste nadat sekerheids-kontrakte vroeër vanjaar verstryk het.