Kommer oor WGO-wetgewing – Namibiese Health Defence League

Die Namibiese Health Defence League het hom sterk uitgespreek teen die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die liga sê wetgewing word deur die WGO opgetrek in die nadraai van die pandemie om lande se reaksie en gereedheid te versterk. Dr. Martin Wucher van die liga, sê die wetgewing ondermyn die soewereiniteit van lande.