Osaka nie seker oor Wimbledon nie

Naomi Osaka, wat al vier keer ‘n Grand Slam-kampioen was, sê sy is nog nie seker of sy vanjaar aan Wimbledon gaan deelneem nie. Dit volg op die ATP- en WTA-reekse se besluit om die grasbaan-Grand Slam van ranglyspunte te ontneem, nadat spelers van Rusland en Belarus verbied is om vanjaar by Wimbledon deel te […]

Read More

Numsa verskerp Arcelor Mittal staking

Die buurland se Numsa-vakbond sê hy gaan van volgende Maandag af sy staking by Arcelor Mittal South Africa verskerp. Dit volg nadat die Arbeidshof die staalvervaardiger se aansoek vir ‘n interdik teen die nasionale staking by al sy aanlegte van die hand gewys het. Werkers wat aan die vakbond behoort, staak reeds byna drie weke […]

Read More

Hou jou diere van die padreserwe af

Soos die veld droog word, kan daar verwag word dat beeste langs die padreserwes sal wei. Die uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid van Namibië, Conrad Lutombi, waarsku eienaars van beeste om nie hul beeste langs die pad te laat wei nie, want hulle is die oorsaak van talle padongelukke oor die jare. Lutombi praat met Kosmos 94.1 Nuus. 

Read More

Nam-studente in Rusland sukkel steeds

Namibiese studente in Rusland gebruik volgens berigte die Tinkoff-bank om geld te ontvang. Tinkoff is ‘n digitale bank en werk deur middel van toepassings en internet oorbetalings. Die studente gaan gebuk onder finansiële uitdagings sedert sanksies teen Rusland ingestel is. Die Namibiese studente-hulpfonds het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle sukkel om geld oorbetaal te kry […]

Read More

Lamola het kommer oor rassisme

Die buurland se justisieminister, Ronald Lamola, het sy kommer uitgespreek oor die toename in die aantal voorvalle van rassisme in die land. Hy het gepraat by die geleentheid ter viering van die 20ste herdenking van die Derdewêreld-konferensie teen Rassisme. Lamola sê ondanks die regering se pogings om aandag te gee aan rassisme in die land, […]

Read More

Klagte teen Zuckerberg ingedien

Washington DC se prokureur-generaal, Karl Racine, het Facebook se medestigter, Mark Zuckerberg, gedagvaar oor die Cambridge Analytica-skandaal. In die saak word beweer hy het regstreeks deel gehad aan beleide wat Cambridge Analytica toegelaat het om onbewustelik persoonlike inligting van Amerikaanse kiesers te bekom in ‘n poging om oudpresident Donald Trump se verkiesingsveldtog te bevorder. Racine sê hierdie ongekende sekerheidsbreuk het miljoene Amerikaners se inligting blootgestel […]

Read More

NEFF-twee hoor vandag oor borg

Katutura-landdros Masule Kwizi sal na verwagting vanoggend uitspraak lewer in die borgaansoek van die Namibia Economic Freedom Fighters Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma. Die twee is reeds meer as ‘n week in aanhouding nadat hul op Vrydag 13 Mei in hegtenis geneem is na chaos by Windhoek se China Town. Ses ander is saam met […]

Read More

Drie vas vir aborsie-pille

Die Namibiese polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem vir die onwettige verkoop van sogenaamde aborsie-pille. Die polisie het ‘n spesiale operasie uitgevoer en wou van die pille koop. Twee, Elizabeth Haingura en Collin Zimmer, is in die sakekern in hegtenis geneem in besit van agt Cytotec-pille ter waarde van 3 200 Namibiese dollar, terwyl […]

Read More

Windhoekers kry voorafbetaalde watermeters

Windhoek-inwoners kan nou aansoek doen vir voorafbetaalde watermeters na die bekendstelling van ‘n voorafbetaalde watermeterstelsel in Katutura se Havana informele nedersetting. Die meters sal gebruikers toelaat om hul watergebruik te beheer en munisipale skuld te vermy. Die installering van ‘n meter sal inwoners sowat 4 000 Namibiese dollar kos. Sade Gawanas, burgemeester van Windhoek, praat […]

Read More

E-sigarette en damprook kry standaarde

E-sigarette en damprook-produkte in Suid-Afrika sal binnekort vervaardig word volgens nasionale standaarde wat deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde ontwikkel is. Daar is tans geen maatstaf of regulasies wat hierdie produkte in die buurland, plaaslik, of in Afrika, betref nie. Die buro se hoofadministrateur Jodi Scholtz sê damptoestelle en produkte is toenemend gewild in Suid-Afrika:

Read More