Klagte teen Zuckerberg ingedien

Washington DC se prokureur-generaal, Karl Racine, het Facebook se medestigter, Mark Zuckerberg, gedagvaar oor die Cambridge Analytica-skandaal. In die saak word beweer hy het regstreeks deel gehad aan beleide wat Cambridge Analytica toegelaat het om onbewustelik persoonlike inligting van Amerikaanse kiesers te bekom in ‘n poging om oudpresident Donald Trump se verkiesingsveldtog te bevorder. Racine sê hierdie ongekende sekerheidsbreuk het miljoene Amerikaners se inligting blootgestel en sê die hofsaak is geregverdig.