Hou jou diere van die padreserwe af

Soos die veld droog word, kan daar verwag word dat beeste langs die padreserwes sal wei. Die uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid van Namibië, Conrad Lutombi, waarsku eienaars van beeste om nie hul beeste langs die pad te laat wei nie, want hulle is die oorsaak van talle padongelukke oor die jare. Lutombi praat met Kosmos 94.1 Nuus.