Osaka nie seker oor Wimbledon nie

Naomi Osaka, wat al vier keer ‘n Grand Slam-kampioen was, sê sy is nog nie seker of sy vanjaar aan Wimbledon gaan deelneem nie. Dit volg op die ATP- en WTA-reekse se besluit om die grasbaan-Grand Slam van ranglyspunte te ontneem, nadat spelers van Rusland en Belarus verbied is om vanjaar by Wimbledon deel te neem. Osaka sê sonder ranglyspunte is Wimbledon meer soos ‘n vertoontoernooi: