Numsa verskerp Arcelor Mittal staking

Die buurland se Numsa-vakbond sê hy gaan van volgende Maandag af sy staking by Arcelor Mittal South Africa verskerp. Dit volg nadat die Arbeidshof die staalvervaardiger se aansoek vir ‘n interdik teen die nasionale staking by al sy aanlegte van die hand gewys het. Werkers wat aan die vakbond behoort, staak reeds byna drie weke lank en eis ‘n salarisverhoging van 10 persent vir almal. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle hou vandag ‘n optog na Arcelor Mittal se kantoor in Vanderbijlpark, Gauteng: