Stad Tshwane wil bevorderlike sake-omgewing skep

Die Stad Tshwane sê hy verwelkom produktiewe vennootskappe wat bydra om ‘n bevorderlike sake-omgewing in die hoofstad te skep. Hy het met ondernemings saamgespan om die stad se voorkoms te verbeter en sodoende ekonomiese groei aan te moedig. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê hulle het onlangs die Rosslyn-verbeteringsforum gestig wat ‘n interaktiewe platform […]

Read More

Australiese premier stel verhoging van minimum loon voor

Die eerste minister van Australië, Anthony Albanese, het ‘n verhoging in die mimimum loon voorgestel. Tydens sy verkiesingsveldtog het hy onderneem om ‘n loonverhoging van 5,1 persent te ondersteun. Albanese het ‘n aansoek by die kommissie vir billike werk ingedien en voorgestel dit verhoog die minimum loon van 228 Namibiese dollar 44 sent per uur. […]

Read More

NZ vir 132 uitgeboul op eerste dag op Lord’s

Krieket: Engeland hervat op 116 vir sewe op die tweede oggend van die eerste toets teen Nieu-Seeland op Lord’s in Londen. Die gasheer het Donderdag die besoekers vir ‘n skamele 132 uitgeboul nadat die eerste paaltjie reeds in die tweede boulbeurt geval het. Will Young, Tom Latham, Devon Conway en die kaptein, Kane Williamson, was […]

Read More

5 000 SA leerders gaan baat by VAE se Back to School-veldtog

Die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, woon vandag in Midrand, Gauteng, die bekendstelling en implementering van die Back To School-veldtog by. Dit is in vennootskap met die Verenigde Arabiese Emirate se ambassade in Suid-Afrika. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê 5 000 leerders van regoor die land sal voordeel trek uit aansienlike […]

Read More

Chinese sakevrou gooi glo urine op Namibiese handelaar

Die Namibiese polisie se inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga het opdrag gegee dat ‘n Chinese sakevrou weer in hegtenis geneem word nadat sy Donderdagnamiddag in hegtenis geneem en weer vrygelaat is nadat sy glo urine op ‘n Namibiese handelaar en dié se goedere gegooi het. Die voorval het plaasgevind by die Stop and Shop in Okuryangava in […]

Read More

Numsa veroordeel Comair se opheffing van vlugte

Die metaalwerkersvakbond Numsa veroordeel die hoofbestuurder van Comair Glenn Orsmond oor die opheffing van die redery se bedrywighede. Die vakbond het met die bestuurspan vergader om die toekoms te bespreek. Comair het vrywillig sy operasies opgeskort weens ‘n kontantvloei-krisis. Tydens die vergadering het die bestuur hoë brandstofpryse deels die skuld gegee vir sy finansiële probleme. […]

Read More

Buffalo-skieter pleit onskuldig

Die 18-jarige Amerikaner, Payton Gendron, wat beskuldig word van ‘n rassistiese skietvoorval van 10 mense by ‘n supermark in Buffalo, New York, het onskuldig gepleit op 25 aanklagte. Die beskuldigde het in die hof verskyn vir ‘n aanklagverhoor voor Regter Susan Eagan in die Erie-distrikshof, wat beveel het dat die Gendron in aanhouding moet bly. […]

Read More

Gholf: Voormalige meesterskampioen gediskwalifiseer

Gholf: Die voormalige meesterskampioen, Hideki Matsuyama, is gediskwalifiseer by die Memorial-toernooi in Ohio, weens ‘n onwettige merk op sy gholfstok. Die wêreld se nommer 12 was op drie bo baansyfer toe hy op die tiende putjie gediskwalifiseer is. Die PGA -toernooi se hoofskeidsregter, Steve Rintoul, sê ‘n stof wat soos soos korreksievloeistof lyk is op […]

Read More

Wes-Kaapse premier: Verwyder oorblywende Covid-beperkings

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, vra ‘n dringende vergadering met President Cyril Ramaphosa se Koördineringsraad. Hy het Ramaphosa gevra om die jongste data bekend te stel oor die algehele verwydering van die oorblywende Covid-beperkings. Die provinsie se data toon duidelik daar is ‘n voortgesette ontkoppeling tussen Covid-gevalle en -hospitaal-opnames. Winde gaan volgende Donderdag ‘n digitale […]

Read More

80% van Ohangwena-inwoners het toegang tot skoon drinkwater

Sowat 80 persent van die Ohangwena-streek se inwoners het toegang tot skoon drinkwater, volgens die Nasionale Raad se staande komitee oor landbou, omgewing en natuurlike hulpbronne. Volgens amptelike statistieke is die streek die tweede hoogste bevolkte in Namibië, met 245 446 mense. Die streek het sowat 1 086 waterpunte waarvan 288 boorgate, 828 punte op […]

Read More