5 000 SA leerders gaan baat by VAE se Back to School-veldtog

Die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, woon vandag in Midrand, Gauteng, die bekendstelling en implementering van die Back To School-veldtog by. Dit is in vennootskap met die Verenigde Arabiese Emirate se ambassade in Suid-Afrika. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê 5 000 leerders van regoor die land sal voordeel trek uit aansienlike bydraes, wat onderwys-uitkomste en lewensomstandighede wil verbeter.