Australiese premier stel verhoging van minimum loon voor

Die eerste minister van Australië, Anthony Albanese, het ‘n verhoging in die mimimum loon voorgestel. Tydens sy verkiesingsveldtog het hy onderneem om ‘n loonverhoging van 5,1 persent te ondersteun. Albanese het ‘n aansoek by die kommissie vir billike werk ingedien en voorgestel dit verhoog die minimum loon van 228 Namibiese dollar 44 sent per uur. Hy sê dit sal die finansiële las verlig op huishoudings wat deur stygende energiepryse en ‘n verhoogde verbruikersprysindeks geraak word. Die kommissie sal binne die volgende paar weke oor die minimum loon besluit.