Stad Tshwane wil bevorderlike sake-omgewing skep

Die Stad Tshwane sê hy verwelkom produktiewe vennootskappe wat bydra om ‘n bevorderlike sake-omgewing in die hoofstad te skep. Hy het met ondernemings saamgespan om die stad se voorkoms te verbeter en sodoende ekonomiese groei aan te moedig. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê hulle het onlangs die Rosslyn-verbeteringsforum gestig wat ‘n interaktiewe platform is om ontwikkeling in die Rosslyn-area te ondersteun.