NZ vir 132 uitgeboul op eerste dag op Lord’s

Krieket: Engeland hervat op 116 vir sewe op die tweede oggend van die eerste toets teen Nieu-Seeland op Lord’s in Londen. Die gasheer het Donderdag die besoekers vir ‘n skamele 132 uitgeboul nadat die eerste paaltjie reeds in die tweede boulbeurt geval het. Will Young, Tom Latham, Devon Conway en die kaptein, Kane Williamson, was almal binne tien boulbeurte met net 12 lopies op die telbord terug op die pawiljoen. Die res van die kolwers kon nie die beurt red nie en Colin de Grandhomme se onoorwonne 42 was die hoogste individuele telling.