Ryanair: Britse en Ierse regerings distansieer hulle
Die Britse en Ierse regerings het hulle van die Afrikaanse vraelys gedistansieer. Suid-Afrikaners is na bewering gevra om ‘n algemene kennistoets in Afrikaans te voltooi voor hulle aanboord van vlugte van die Ierse laekostelugdiens, Ryanair, kon gaan. Na wat berig word het die laekostelugdiens die vraelys ingestel om die nasionaliteit van passasiers na te gaan […]
Spes Bona spring ook in om by Alte Feste skoon te maak
Nadat lede van die Independent Patriots of Change Saterdag rondom die Onafhanklikheidsmuseum in die hoofstad die gebied opgeruim het en aangekondig het dat hul sal voortgaan om voor die Alte Feste ook skoon te maak het Pieter Senekal van die Spes Bona-groep ook na vore getree. Die gebied, wat eintlik die verantwoordelikheid van die onderwysministerie […]
Alweendo gesels oor Davos, beklemtoon belangrikheid van belegging
Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo, wat deel was van die afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, sê belegging in Namibië is baie belangrik vir ekonomiese groei. Hy het by die perskonferensie wat gehou is om terugvoer oor die besoek te gee, gepraat. Hy sê hulle het Namibië by […]
Visrivier onder Hardapdamwal se rietbeddens benodig aandag
Die rietbeddens in die Visrivier net onder die Hardapdam se wal, moet onder beheer gehou word, veral na die 2006 vloede. Op die oomblik, word die dam net toegelaat om 70 persent van kapasiteit te behaal om uitvloei te beheer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Mariental-munisipaliteit se hoof uitvoerende beampte Paul Nghiwelepo gepraat oor […]
Oorlog moenie steenkool aanhits nie – Kerry
Die Amerikaanse gesant vir klimaatsverandering, John Kerry, sê die Russies-Oekraïnse konflik moenie as verskoning gebruik word om wêreldwye afhanklikheid van steenkool te verleng nie. Sommige lande, soos Indië, het hulle steenkoolproduksie verhoog. Die land se regering het besluit om meer as 100 steenkoolmyne wat voorheen as onekonomies beskou is, te heropen. Kerry sê die wêreld […]
Tjongarero juig oor die Officeconomix Goodwill Challenge
Die Namibiese sportminister Agnes Tjongarero sê die naweek se Officeconomix Goodwill Challenge, wat ‘n Vyftiental Blou Bull-span teen die Welwitschias aangebied het, was ‘n baie groot sukses. Die stadion was stampvol en die geleentheid word beskryf as ‘n groot sukses. Tjongarero was ook daar.
KZN is steeds moordhoofstad van SA
Die DA in KwaZulu-Natal sê die kwartaallikse misdaadstatistiek vir die tydperk Januarie tot Maart vanjaar, wys geen verligting vir inwoners van die provinsie ten opsigte van veiligheid in die gemeenskap nie. Die polisiekantore van Umlazi, Inanda, en Plessislaer, het weer eens die hoogste getal moorde gehad. Sharon Hoosen van die DA sê die statistiek wys […]
Geingob sê dit het goed gegaan by Davos
President Hage Geingob en sy afvaardiging wat besoek afgelê het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gee op die oomblik terugvoer oor die besoek. Die land se groenwaterstof projekte is volgens Geingob uiters suksesvol bemark. Geingob is onder druk om te verseker dat beleggings wel uit die besoek materialiseer omdat dit die soveelste oorsese […]
PDM-lede vandag ingesweer na lang regstryd
Ses lede van die Popular Democratic Movement, wat net na die 2019 verkiesings van die party se parlementêre lys verwyder is, sal vandag in die Nasionale Vergadering ingesweer word. Die ses, Frans Josef Bertolini, Charmaine Tjirare, Yvette Araes, Tjekupe Maximalliant Katjimune, Raymond Diergaardt en Mike Venaani het tot in die hooggeregshof baklei om hulle setels in die parlement te vul. Die Nasionale Vergadering hervat môre sy sessies.
Konflik met wilde diere is almal se probleem
Die Namibiese ekoloog dr. Peter Cunningham het gereageer op die aankondiging van die Namibiese ministerie van die omgewing wat sy nuwe plan vir mens-dier konflik en wildmisdaad die week van stapel stuur. Volgens ‘n verklaring deur die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda, word ‘n nuwe geïntegreerde program, wat kyk na beide konflik met wilde diere […]