Oorlog moenie steenkool aanhits nie – Kerry

Die Amerikaanse gesant vir klimaatsverandering, John Kerry, sê die Russies-Oekraïnse konflik moenie as verskoning gebruik word om wêreldwye afhanklikheid van steenkool te verleng nie. Sommige lande, soos Indië, het hulle steenkoolproduksie verhoog. Die land se regering het besluit om meer as 100 steenkoolmyne wat voorheen as onekonomies beskou is, te heropen. Kerry sê die wêreld reageer nie gou genoeg om uitlaatgasse wat wêreldtemperature verhoog, te bekamp nie.