KZN is steeds moordhoofstad van SA

Die DA in KwaZulu-Natal sê die kwartaallikse misdaadstatistiek vir die tydperk Januarie tot Maart vanjaar, wys geen verligting vir inwoners van die provinsie ten opsigte van veiligheid in die gemeenskap nie. Die polisiekantore van Umlazi, Inanda, en Plessislaer, het weer eens die hoogste getal moorde gehad. Sharon Hoosen van die DA sê die statistiek wys niemand, en veral nie vroue en kinders nie, is veilig in die provinsie nie: