Visrivier onder Hardapdamwal se rietbeddens benodig aandag

Die rietbeddens in die Visrivier net onder die Hardapdam se wal, moet onder beheer gehou word, veral na die 2006 vloede. Op die oomblik, word die dam net toegelaat om 70 persent van kapasiteit te behaal om uitvloei te beheer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Mariental-munisipaliteit se hoof uitvoerende beampte Paul Nghiwelepo gepraat oor die instandhouding wat tradisioneel in Mei en September gedoen word. Hy sê dit is die landbouministerie se verantwoordelikheid en dit is lanklaas gedoen.