Skaapprodusente stuur eerder skape na Suid-Afrika
Gedurende die eerste helfte van 2022 het bees-bemarking met 20,3 persent toegeneem, skaap-bemarking met 39,8 persent, bok-bemarking met 8,5 persent, maar vark-bemarking het met met 52,1 persent afgeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Plaaslike varkvleis-produksie het slegs in 47 persent van die plaaslike mark-vraag voorsien, wat die behoefte aan invoer verhoog het. Plaaslike skaap-produsente […]
Taxi-bedryf sal swaarste geraak word met heffings op bande
Die Nasionale Taxi-alliansie in die buurland sê die taxi-bedryf sal die swaarste geraak word as nuwe heffings op voertuigbande ingestel word en die prys van taxi-bande met 41 persent styg. Die prys van klein passasiers-voertuigbande sal met 38 tot 40persent styg, terwyl vragmotor- en busband-pryse met 17 persent sal toeneem. Die alliansie se woordvoerder, Theo […]
Man red vyf kinders uit brandende huis in Indiana
Die Amerikaanse stad Lafayette in Indiana het ‘n nuwe held nadat die 25-jarige Nicholas Bostic ‘n brandende huis binnegestorm, ‘n gesin na veiligheid geneem en ‘n jong dogtertjie gered het. Bostic het verby ‘n huis gery wat in vlamme gehul was en sy krete het blykbaar vier kinders en ‘n gesinsvriend wakker gemaak. Nadat almal […]
Byna 1 900 sterftes in Gautengse hospitale weens nalatigheid
Die DA in Gauteng sê die provinsie se openbare hospitale het verlede jaar 1 954 sterftes aangeteken weens ernstige nadelige gebeure in hospitale. Dit word gedefinieer as onbedoelde skade aan die pasiënt deur die optrede of die versuim om op te tree ten opsigte van pasiëntsorg, eerder as die pasiënt se onderliggende siekte of toestand. […]
Olifant trap man in Zambezi-streek dood
‘n Olifant is deur die Namibiese polisie en beamptes van die omgewingsministerie van kant gemaak na ‘n noodlottige aanval op ‘n 57-jarige man in die Muchemukule-nedersetting in die Zambezi-streek. Die man en ‘n vriend is na bewering aangeval terwyl hulle op pad huis toe was. Die vriend het daarin geslaag om te ontsnap, maar het […]
Namibiese landbousektor groei met 5,9%
Die jongste kwartaallikse BBP-syfers toon dat die landbousektor in die eerste kwartaal van 2022 met 5,9 persent gegroei het. Deur die vissery-sektor by te voeg, het die gekombineerde vee-, oes-, bosbou- en visvangsektor met 7,2 persent gegroei, volgens die Namibiese Statistieke Agentskap se Landbou-bulletin van die eerste kwartaal. Die vee-sektor het met 3,6 gegroei, visvang […]
Tweede Wêreldoorlog-vlieënier vier sy 102de verjaardag
‘n Gewese Britse vlieënier wat aan die D-Dag-aanval in die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem het, het pas sy 102de verjaarsdag gevier. Harry Gamper sê die Covid-19-pandemie het sy 100ste-verjaarsdagviering in die wiele gery, maar hy het vanjaar daarvoor opgemaak. Gamper was ‘n vlieënier in die Britse Lugmag wat meer as ‘n duisend vliegure afgelê het voor […]
All Black-afrigter sê daar is altyd druk
Rugby: Die All Blacks se hoofafrigter, Ian Foster, sê daar is geen paniek onder die groep voor hulle vertrek na Suid-Afrika vir twee Rugby-kampioenskapswedstryde nie. Nieu-Seeland se trots is ernstig gekrenk in hulle eerste tuisreeks-nederlaag teen Ierland. Dit het gelei tot die afdanking van twee hulpafrigters, John Plumtree en Brad Mooar. Die druk is steeds […]
Band-invoerdersvereniging waarsku oor prysverhogings
Die Band-invoerdersvereniging van Suid-Afrika vra die regering om die Suid-Afrikaanse Bandvervaardigers-konferensie se aansoek van die hand te wys vir heffings op bande wat uit China ingevoer word. Die vereniging waarsku die koste van bande kan tot 41 persent verhoog as die aansoek suksesvol is. Bykomende heffings van tussen agt en 69 persent sal dan op […]
Hulp nodig by veldbrand tussen Uhlenhorst en Hoachanas
Daar woed ‘n groot veldbrand tussen Uhlenhorst en Hoachanas in die Hardap-streek. Die veldbrand word aangevuur deur ‘n wind wat sterk vanuit die Weste waai. Hoekus van Niekerk, ‘n boer van Uhlenhorst, doen ‘n beroep op boere in die omgewing om te kom help om die vuur te blus.