Stop entstof nasionalisme – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het weereens ‘n beroep gedoen dat ‘n einde gemaak word aan entstof-nasionalisme. Hy was die hoofspreker by die totstandkoming van die eerste boodskapper-RNA-tegnologie oordragsentrum vir Covid-19-entstowwe, wat in Suid-Afrika opgerig gaan word. Dit word in vennootskap met die Wêreld-gesondheidsorganisasie en Frankryk gedoen. Ramaphosa sê dit is nie billik en reg dat die […]

Read More

Kaunda word op 7 Julie begrawe

Zambië se oudpresident Kenneth Kaunda sal op 7 Julie ter ruste gelê word. Die 97-jarige Kaunda is verlede week in die hoofstad Lusaka in ‘n hospitaal dood. Hy het die land regeer sedert die onafhanklikheid van Engeland in 1964 tot sy aftrede in 1991. Die Zambiese regering het aangekondig dat ‘n staatsgedenkdiens op 2 Julie […]

Read More

Covid: so lyk gevalle vandag

Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 084 nuwe Covid-gevalle uit 2 597 toetse bevestig, dit wil sê, 42 persent van alle toetse wat uitgevoer was is positief. Otjozondjupa het die meeste gevalle met 265. Daar is 114 in Okahandja. Hardap is tweede met 261 waarvan 168 in Rehoboth is. Windhoek het 216. In Erongo is daar […]

Read More

Wat is die presiese stand van sake met suurstof?

Die leier van die PDM-party McHenry Venaani het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die stand van sake in verband met suurstofverskaffing is kommerwekkend. Hy het vroeër bevestig dat hy antwoorde van President Hage Geingob en die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa Amadhila eis. Hy sê daar is geen inligting oor presies wat die tekorte […]

Read More

Aansoek vir nuwe permitte moet aanlyn gedoen word

Verskaffers van noodsaaklike dienste moet weer aansoek doen vir permitte om te reis uit ingeperkte gebiede of binne die aandklokreël-ure. Die Namibiese ministerie van Industrialisasie en Handel het ‘n beroep gedoen op die verskaffers om permitte aanlyn te hernu. Elijah Mukubonda, skakebeampte by die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

VW sê binnekort oor Bugatti

Volkswagen sal binnekort ‘n besluit maak oor die toekoms van sy luukse handelsmerk Bugatti. Volgens Oliver Blume, ‘n raadslid by Volkswagen en hoof uitvoerende beampte van Porsche, wat 53 persent van Volkswagen besit, sal die besluit aan die media bekend gemaak word wanneer dit gefinaliseer is. Volkswagen het in Maart vanjaar aangekondig dat hy aan […]

Read More

Meer as 180 van Windhoek lyskhuise die naweek veras

Die burgemeester van Stad Windhoek Job Amupanda sê 180 onopgeëiste lyke by die hoofstad se lykshuis is reeds die naweek veras. Die lykshuise in die hoofstad het jare reeds uitdagings met lyke wat nie deur familie gehaal is nie en op die oomblik, plaas dit erge druk op die instellings met die groot hoeveelheid Covid-sterftes […]

Read More

Kameelperd-bewaring vandag in die soeklig

Dit is vandag Wêreld Kameelperd-dag. Die dag word jaarliks herdenk, veral omdat die Wes-Afrika kameelperd onder erge druk verkeer met ongeveer 600 diere wat in Niger, een van die wêreld se armste lande, tot op hede oorleef. Professor Morgan Hauptfleisch van die NUST Biodiversiteitsentrum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

‘n Jongman het ‘n blinkplan, en dit werk!

‘n Student aan die Universiteit van Kaapstad, Anele Siyotula, is briljant met wiskunde en kreatiwiteit, en hy benut hierdie en ander vaardighede in sy eie onderneming. Siyotula het 1Stop Tekkie-wash in 2018 vanuit sy koshuis in die Leo Marquard-saal op die been gebring. Destyds het hy slegs ‘n skoonmaakdiens vir tekkies gelewer, maar sy spanne […]

Read More

Reënboogbeker verby, Curriebeker op pad

Die Bulle sal weer op volle sterkte wees in die Curriebeker-reeks wanneer hulle Vrydag op Loftus Versfeld in Pretoria teen die Pumas uitdraf. Die spelers wat aan die Reënboog-reeks-eindstryd in Italië deelgeneem het, is terug en is gretig om op te maak na hul verlies teen Benetton. In die ander Curriebeker-wedstryde hierdie week pak die […]

Read More