Max Verstappen sien uit na Hongaarse F1 Grand Prix

Motorsport: Die wêreldkampioen Max Verstappen verwag ‘n groot uitdaging by die naweek se Hongaarse Formule Een Grand Prix, waar Red Bull laas in 2014 kon wen. Ondanks ‘n voorsprong van 63 punte oor Charles Leclerc van Ferrari, is die 24-jarige Nederlandse jaer bewus van sy span se rekord op die Hungaroring-baan.

Read More

Twee Fishrot-beskuldigdes loop weer bloutjie in die hof

Twee Fishrot-beskuldigdes, Ricardo Gustavo en Bernard Esau, die voormalige minister van visserye het vandag weer ‘n bloutjie in die hof geloop. Hul aansoek om verlof tot appèl teen Regter Kobus Miller se besluit om nie homself van die Fishrot-saak te onttrek nie, is vanoggend in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys. Die Fishrot-lot […]

Read More

Ramaphosa het voor ANC se integriteitskomitee verskyn

Die ANC se integriteitskommissie het bevestig dat President Cyril Ramaphosa voor hulle verskyn het oor die Phala Phala-plaasdiefstal. Die kommissie se voorsitter, George Mashamba, sê hulle wou hê Ramaphosa moes verduidelik hoe miljoene in buitelandse valuta vanaf sy plaas in Limpopo gesteel is. Mashamba sê die kommissie sal sy verslag aan die party se nasionale […]

Read More

Google stel nuwe Gmail bekend

Gebruikers moenie skrik as hul Gmail bietjie anders lyk nie. Google het sy nuwe Gmail bekend gestel, wat daarop gemik is om gebruikers se algehele ervaring te verbeter. Volgens die maatskappy, verskil dit nie baie van dit waaraan gebruikers gewoond is nie. Daar is wel ‘n paar veranderinge aan Google-funksies soos Meet, Chat en Spaces […]

Read More

Tafel Lager vier #BeBrave

Tafel Lager se nuwe BeBrave-veldtog vier Namibiërs volharding en gees en moedig almal in die land aan om hul drome te verwesenlik. Vier bekendes dryf die veldtog aan – die afrigter van die Brave Warriors, Collin Benjamin, die sanger King Tee Dee, die akteur Adriano Visagie en kunstenaar en entrepreneur LT Shitana. Die veldtog is […]

Read More

PDM ondersoek sy raadslid vir ‘Statebondspele-skema’

‘n Omstrede skema deur die PDM se raadslid vir die Katutura-sentraal kiesafdeling Vezemba Rodman Katjaimo het skeef geloop en wenkbroue laat lig. Die skema was volgens berigte ‘n besoek aan Birmingham, Engeland vir die Statebondspele en Katjaimo het 65 000 Namibiese dollar per persoon gevra wat aan hom betaal is. Die eerste groep was in […]

Read More

Cenored-kliënte sal einde van die maand meer betaal

Cenored-kliënte word daaraan herinner dat hul kragrekenings aan die einde van die maand hoër sal wees. Die kragverspreider sê nie alle dorpe het dieselfde prysttyging gekry nie. Charlie Matengu, skakelbeampte van Cenored is aan die woord.

Read More

African Transformation-beweging wil weet oor John Hlophe se skorsing

Die African Transformation-beweging se prokureurs het aan President Ramaphosa geskryf en versoek dat hy teen die einde van vandag sal bevestig dat hy nie die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe, sal skors hangende sy aansoek in die Appèlhof nie. Die beweging sê as dit nie gebeur nie, sal hulle ‘n dringende interdik kry. Die Regterlike Dienskommissie […]

Read More

Twee indringerspesies kos US$16 miljard

Twee indringerspesies, die Amerikaanse brulpadda en die bruin boomslang, het die wêreld tussen 1986 en 2020 na raming 16 miljard Amerikaanse dollar gekos deur probleme te veroorsaak wat wissel van oesskade tot kragonderbrekings, volgens die jongste studies. Die bruin-en-groen padda bekend as Lithobates catesbeianus wat tot ‘n kilogram kan weeg, het die grootste impak in Europa terwyl die bruin […]

Read More

Collard gesels oor verskeping by Odesa, pryse en volgende jaar se koring-oes

Die eerste verskeping van koring sal na verwagting vandag die hawe by Odesa verlaat. Meer as 23 miljoen ton koring sit vas in die Oekraïne as gevolg van die oorlog en daar is dreigende hongersnood. Die prys van koring het die hoogte ingeskiet en is wisselvallig. Op sy beurt beïnvloed dit weer die verbruiker met […]

Read More