
SAA land vandag weer op Hosea Kutako - December 8, 2022
Vandag was ‘n geskiedkundige dag vir South African Airways vanweë sy herbekendstelling van sy bedrywighede terug in Namibië nadat dit in Maart 2020 deur Covid-19 ontwrig is. Die herinstelling van SAA-vlugte na Windhoek is goed ontvang deur rolspelers in die lugvaartbedryf en toerismesektor. SAA se finansiële hoof, Fikile Mhlontlo, sê dit is ‘n vreugde om […]
MTC se wins styg met 6,7% - December 8, 2022
MTC het ‘n wins na belasting van nagenoeg 793,04 miljoen Namibiese dollar vir die jaar geëindig 30 September 2022 gerapporteer. Dit is sowat 49,7 miljoen dollar of 6,7 persent meer as sy 2021-boekjaar. Die plaaslik genoteerde groep het vandag sy jongste finansiële resultate op die Namibiese Aandelebeurs bekend gemaak, met ‘n totale inkomste van meer […]
Nigeriese weermag voer geheime massa-aborsieprogram uit - December 8, 2022
‘n Reuters-berig dat die Nigeriese weermag ‘n geheime massa-aborsieprogram in sy oorlog teen Boko Haram gevoer het, is as uiters “ontstellend” beskryf. Dit is volgens Ned Price, die woordvoerder van die staatsdepartement. Hy sê meer inligting is aangevra. Die kwessie is volgens hom uiters kommerwekkend. Reuters het berig dat vroue wat deur Boko Haram ontvoer […]
Protea-kolwer speel môre in Brisbane - December 8, 2022
Krieket: Die Protea-kolwer Rassie van der Dussen het herstel van ‘n vingerbesering wat sy toer in Engeland vroeër die jaar kortgeknip en veroorsaak het dat hy die T20-Wêreldbekertoernooi misloop. Hy is in Suid-Afrika se toetsgroep wat môre in Brisbane begin met ‘n vierdaagse opwarmwedstryd teen ‘n Krieket Australië-elftal. Suid-Afrika is in die land vir ‘n […]
DA vra wat is regering se plan met beurtkrag - December 8, 2022
Die DA sê kommer bestaan dat die land bedreig word deur ‘n nasionale algehele kragonderbreking. Cilliers Brink van die DA sê die op die nippertjie-ingryping om die instandhouding en hervulling van die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad se Eenheid 1 tot Saterdag uit te stel, verwyder nie die bedreiging nie. Die party doen ‘n beroep op die […]
Veldbrande eis vanjaar reeds byna 1,5 miljoen hektaar - December 8, 2022
Volgens die Namibiese omgewingsministerie het veldbrande tot dusver vanjaar reeds byna 1,5 miljoen hektaar weiding in die land geëis. Talle veldbrande woed tans regoor die land. Die bosboudirekteur in die ministerie, Johnson Ndokosho, sê veldbrande het verlede jaar 3,4 miljoen hektaar weiding afgebrand. Die ministerie het weer ‘n beroep op Namibiërs gedoen om versigtig te […]
Malaria kom saam met die reënseisoen - December 8, 2022
Namibiërs sien uit na die reënseisoen, maar daarmee saam kom ook ‘n toename in muskiete wat weer tot gevalle van malaria in malaria-geteisterde gebiede lei. Die voormalige gesondheidsminister en malaria-kenner, dr. Richard Kamwi, sê ‘n toename in malaria-gevalle kan na die reënseisoen verwag word. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibiërs wat simptome van malaria […]
Noord-Kaap se entstowwe is nie op - December 8, 2022
Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Mase Manopole, het boere in die provinsie verseker dat daar genoeg entstof is om die verspreiding van alle dieresiekte-uitbrekings te stuit. Boere word gevra om nie paniekerig raak oor verskeie berigte dat die provinsie se diere-entstowwe opgeraak het nie. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, […]
Celine Dion kanselleer Europese toer weens siekte - December 8, 2022
Celine Dion is gediagnoseer met stywe persoon-sindroom, SPS, wat veroorsaak dat haar spiere onbeheerbaar gespan word. Die toestand laat lyers soos ‘menslike standbeelde’ voel, aangesien dit die liggaam geleidelik in rigiede posisies sluit, wat mense nie in staat stel om te loop of praat nie. Alhoewel daar geen geneesmiddel vir SPS is nie, is daar […]
Amper nul aktivisme tydens 16 Dae… - December 8, 2022
Die veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld het afgeskop en duur tot Saterdag, op Menseregtedag. Namibiërs is taamlik stil oor die stryd teen geslagsgeweld in die land en ‘n mens wonder of dit nie ‘n groot kwessie van kommer vir Namibiërs is nie, want niemand is werklik aktief met betogings nie. Daar word […]