
Taylor Fritz gaan deur op Washingtonse Ope - July 24, 2025
Tennis: Die topgekeurde Taylor Fritz is deur na die laaste 16 op die Washingtonse Ope. Die Amerikaner het die Australiër Aleksandar Vukic geklop om sy eerste sege sedert Maart op die hardebaan te behaal. Die Rus Daniil Medvedev het die Amerikaner Reilly Opelka maklik verslaan terwyl die Australiër Alex de Minaur met Yunchaokete Bu van […]
Namcor se Imms getuig steeds - July 24, 2025
Die oud-besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga, getuig tans in sy borgaansoek en het aan die hof gesê dat hy nie vir Leo Nandago, die negende beskuldigde in die voortgesette korrupsiesaak, ken nie. Mulunga sê hy het Nandago in die hof ontmoet. Hy sê verder dat alle ooreenkomste tussen Namcor en Erongo Petroleum deur Austin, […]
SA-wetgewers keur Toedelingswetsontwerp goed - July 24, 2025
Die Nasionale Vergadering het die 2025-2026 Toedelingswetsontwerp goedgekeur. Dit is ‘n deurslaggewende stap in die nasionale begrotingsproses. Die wetsontwerp gee die regering toestemming om openbare fondse vir verskeie departemente en dienste aan te wend. Altesaam 262 parlementslede het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 90 daarteen, insluitend die EFF en die MK-party. Die adjunkminister […]
Migrasie: Tories sal Mensregtewet buite toepassing laat - July 24, 2025
Die Britse Konserwatiewe Party se skadu-minister van binnelandse sake Matt Vickers sê hulle het ‘n plan vir onwettige immigrasie. Hy sê die party sal die Menseregtewet buite toepassing laat en almal wat onwettig aangekom het, deporteer. Die migrasiekrisis het ontaard onder die Tories se leierskap.
Curriebeker: WP het 8 Junior-Bokke - July 24, 2025
Daar is agt wêreldkampioen-Junior Springbokke in die Westelike Provinsie-groep vir die Curriebeker. Die WP begin hul veldtog Saterdag met ‘n Noord-Suid-botsing teen die Bulle in Kaapstad. Die Junior Springbok-kaptein Riley Norton is saam met sy spanmaats Xola Nyali, Wandile Mlaba, Oliver Reid, Herman Lubbe, Siya Ndlozi, Dominic Malgas en Gino Cupido in die senior groep, […]
Vanuatu verdrink, behaal sukses in Den Haag - July 24, 2025
Die Internasionale Geregshof het bevind dat lande bykomende verpligtinge het om die klimaat te beskerm en stappe te doen om klimaatskade binne en buite hul grense te voorkom. Hierdie verpligtinge spruit voort uit menseregtewetgewing, die seereg en algemene beginsels van internasionale reg. Vanuatu het ‘n sleutelrol gespeel in die aanhangigmaking van die saak. Die eiland […]
Swart swaan: Berei voor vir ontwrigting, nie stabiliteit nie - July 24, 2025
In vandag se onstabiele wêreld kan landbou nie meer op tradisie staatmaak nie, waarsku ekonoom dr. John Steytler. Hy het die opkoms van “swart swaan” uitgelig. Moderne landbou, in sy mening, moenie voorberei vir stabiliteit nie, maar vir ontwrigting. Kosmos 94.1 Nuus het met Steytler gepraat.
NamPol behaal sukses met wapens, dwelms en georganiseerde misdaad - July 24, 2025
Die Namibiese polisie het 18,2 miljoen Namibiese dollar verhaal deur die afdwinging van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad tussen die 2022 en 2025 boekjare. The Brief berig dat die owerheid se jongste strategiese plan tot 2030 byvoeg dwelm-afdwingingspogings gedurende die periode gelei tot die konfiskering van onwettige stowwe ter waarde van 189 […]
SS se Jansen versigtig optimisties oor NDP6 - July 24, 2025
Verskeie kommentators is nie baie positief oor die nuut-geloodsde Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan nie, met kritiek wat insluit dat die teikens onrealisties is. Daar word ook gesê dat die vorige vyf ontwikkelingsplanne nie veel sinvolle ontwikkeling tot gevolg gehad het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Almandro Jansen, ‘n ekonoom van Simonis Storm, wat versigtig […]
Pam Bondi het vir Trump gewaarsku oor Esptein-dokumente - July 24, 2025
The Wall Street Journal berig president Donald Trump van Amerika se naam verskyn talle kere in die Departement van Justisie se lêers oor die veroordeelde pedofiel, wyle Jeffrey Epstein. Volgens die verslag het prokureur-generaal Pam Bondi Trump in Mei ingelig dat hy in die omstrede Epstein-lêers genoem word en dat die rekords kinderpornografie insluit. Dit […]