Indonesiërs moet versigtig wees na aardbewing - April 25, 2023

Indonesiese owerhede het inwoners gevra om versigtig te wees soos hulle na hul huise terugkeer na ‘n aardbewing van 7,3 met verskeie naskokke voorgekom het. Die skudding, wat in die weste van Sumatra in die see plaasgevind het, het ‘n tsoenami-waarskuwing veroorsaak wat later opgehef is. Indonesië ervaar gereelde aardbewings. 

Read More

SA vertoon goed by Oorplantingspele - April 25, 2023

Die Suid-Afrikaanse Oorplantingsportvereniging sê Span Oorplanting SA het ‘n indrukwekkende aantal medaljes ingepalm op die pas-afgelope Wêreld Oorplantingspele in Perth, Australië. Die span het sewe goue medaljes verower, 19 silwer en 11 brons in verskeie kategorieë, insluitend fietsry, gholf, muurbal en atletiek. Die Spele bied ‘n platform vir oorplantingsatlete van regoor die wêreld om in […]

Read More

Sooliman sê ontruiming van SA-burgers uit Sudan is chaoties - April 25, 2023

Agt-en-dertig Suid-Afrikaners wat vir tien dae in Sudan vasgekeer was, is uiteindelik per bus ver op pad na die Egiptiese grens. Verskeie Suid-Afrikaners het letterlik die bus gemis weens kommunikasieprobleme en gevaar . Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, wat die SA regering help om die ontruiming te reël, sê nog vervoer […]

Read More

Uutoni sê behuising moet aan elke inkomstegroep verskaf word - April 25, 2023

Dit is noodsaaklik dat elke inkomstekategorie voorsien word van behuising wat ooreenstem met sy finansiële posisie om te verseker dat elke Namibiër ordentlike behuising kry. Dit is die mening van Erastus Uutoni, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling. Volgens Uutoni erken die regering almal se reg op ‘n voldoende lewenstandaard, insluitend voldoende behuising, en die […]

Read More

Cyril spreek beurtkrag, misdaad by ANC-vergadering aan - April 25, 2023

President Cyril Ramaphosa sê om energiesekerheid te bring en beurtkrag te beëindig is die nommer een prioriteit. Eskom pas hierdie week in die aande fase ses-beurtkrag toe weens beperkings met opwekkingskapasiteit. Ramaphosa sê die die party se uitvoerende komitee verwelkom die belangrike stappe wat deur die regering geneem word om die Energie-aksieplan in werking te […]

Read More

Haïti-groep bestook bendelede met klippe, steek hul lewendig aan die brand - April 25, 2023

Die Verenigde Nasies sê onsekerheid in Haïti se hoofstad Port-au-Prince het vlakke bereik wat soortgelyk is aan dié van lande waar oorlog woed. Net tussen die 14de en 19de van hierdie maand het bendegeweld die dood van byna 70 mense veroorsaak. Onder die slagoffers was 18 vroue en twee kinders. Maandag het ‘n skare in […]

Read More

Nortje sê daar’s ruimte vir verbetering by die Delhi Capitals - April 25, 2023

Die Delhi Capitals het hulle Indiese Premierliga-wedstryd teen die Sunrisers Hyderabad met sewe lopies gewen. Die Capitals het 144 vir nege behaal, met Washington Sundar wat drie paaltjies geneem het. Die Sunrisers is in hulle beurt beperk tot 137 vir ses, met Axar Patel en Anrich Nortje wat elkeen twee paaltjies laat kantel het. Dit […]

Read More

Hertoewysing van fondse in Gauteng word verwelkom - April 25, 2023

Die DA in Gauteng het premier Panyaza Lesufi se ingryping in die hertoewysing van fondse aan organisasies sonder winsoogmerk verwelkom. Die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het befondsing van miljoene rande aan sodanige organisasies onttrek en gesê die geld sal nou aan nuwe projekte bewillig word, waaronder hulp aan dwelmverslaafdes, naaldwerkprojekte vir skooldrag, menstruasiepakkies en […]

Read More

Landbou se prestasie is wisselvallig - April 25, 2023

Agribank sê landbou het in 2022 met 2,6 persent gegroei, wat baie beter vertoon as die 1,3 persent wat in 2021 aangeteken is, maar, as gevolg van die swak reënseisoen en voorspellings vir El Nino vanjaar, sal groei gedemp bly. Die bank sê die veesektor het beter presteer maar, dat gewasproduksie met 4,5 persent verlede […]

Read More

Netumbo gee toe, daar is nog baie uitdagings vir Swapo - April 25, 2023

Die adjunk-president van die Swapo Party Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die party en regering het verskeie uitdagings sedert onafhanklikheid in 1990 gehad, waar onder droogtes, vloede en ekonomiese insinkings. Die party het volgens sy adjunk-president verskeie suksesse bereik, maar sy erken daar is verskeie sektore wat nog verbeter moet word. Nandi-Ndaitwah sê ondanks al die uitdagings […]

Read More