Kaapstad bestee miljoene op sekuriteit - April 25, 2023

Die Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit sê hy het bykans ‘n vyfde van sy voorgestelde begroting vir die huidige finansiële jaar opsy gesit vir die aankoop van meer tegnologie om beter misdaad regoor die metro te kan beveg. Meer as 80 miljoen Suid-Afrikaanse rand van die direktoraat se 432 miljoen rand begroting […]

Read More

Oorbevissing kry aandag in Turkye - April 25, 2023

Omgewingskenners werk daaraan om die spoed van oorbevissing te verminder in Gökovabaai in Turkye, wat beskou word as die wêreld se mees oorbeviste see. Omgewingskenners sê onwettige visvang en klimaatsverandering het die mariene ekostelsel geskend. Die stigter van die Mediterreense Bewaringsvereniging, Zafer Kizilkaya, sê die inheemse visgetalle het broeiplekke vir sandhaaie uitgedun en bedreig die […]

Read More

Le Roux verlaat Toyota Verblitz, sê nie waarheen hy gaan nie - April 25, 2023

Die Wêreldbekerwenner-Springbok-heelagter Willie le Roux verlaat Toyota Verblitz, maar sê nie waarheen hy gaan nie. Hy het hom in 2019 by die Japanse klub aangesluit, dieselfde jaar dat Suid-Afrika die Wêreldbeker in die Asiatiese land gewen het. Le Roux sê op sosiale media dit was ‘n epiese vier jaar en hy waardeer die geleentheid om […]

Read More

Justice for Animals hou fondsinsameling - April 25, 2023

Die plaaslike Justice for Animals-veldtog wat daarna streef om die diere-welsynswette te verander, sal op 3 Junie ‘n byeenkoms in die hoofstad aanbied. Die dryfveer agter die Justice for Animals se doelwit is die bevordering van dierewelsyn en hul regte deur die regstelsel. Op die dag van die geleentheid sal daar talle aktiwiteite, stalletjies en […]

Read More

Nasionale pensioenfonds word met kenners bespreek - April 25, 2023

Die Namibiese arbeidsministerie, in samewerking met die Maatskaplike Voorsorgkommissie, werk op die oomblik die besonderhede van ‘n moontlike nasionale pensioenfonds uit. Volgens die minister, Utoni Nujoma, was die eerste konsepdokument wat deur die kommissie saamgestel is, onaanvaarbaar omdat nie kruissubsidiëring was nie en dus het hoër-inkomste individue nie lae-inkomste individue gedra nie. Die twee konsepdokument […]

Read More

McHenry looi Swapo oor S&T-besteding en algemene vermorsing - April 25, 2023

Die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani van die PDM, het uitgevaar teenoor die Swapo-regering se besteding op sogenaamde S&T vir regeringsamptenare om ondersoek in te stel by verskeie aangeleenthede. Hy het melding gemaak van die fondse wat bestee is op efundja-bystand en die ondersoek wat ingestel moes word en tog, was daar geen […]

Read More

SA se onttrekking uit Strafhof geen verrassing nie, Namibië sal volg meen kenner - April 25, 2023

Suid-Afrika onttrek hom van die Internasionale Strafhof. Die ANC het tydens sy uitvoerende komitee se vergadering besluit om aan die Rome-statuut te onttrek waaraan die Internasionale Strafhof verbind is. Dit beteken dat Russiese President Vladimir Putin in Oktober in die buurland vir die BRICS vergadering kan aankom. ‘n Kenner in die gebied van Afrika-politiek, dr. […]

Read More

Prins Harry se afluister-hofsaak aangehoor in Londen - April 25, 2023

Prokureurs vir prins Harry was vandag in ‘n Londense hof in sy jongste saak teen Brittanje se poniekoerante, hierdie keer die stryd teen Rupert Murdoch se News Group Newspapers oor bewerings dat die groep sy oproepe afgeluister het. Harry het in September 2019 opgetree teen die groep wat die uitgewer is van die Sun-poniekoerant en […]

Read More

ANC kom ooreen op maatreëls vir kragkrisis - April 25, 2023

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het ooreengekom op verskeie maatreëls om die energiekrisis op te los deur dringende ingrypings in te stel om die verwagte toename na vraag in die winter te versag. Die komitee besef daar is ‘n dringende behoefte om die geskeduleerde inwerkingstelling van drie eenhede by die Kusile-kragstasie noukeurig te monitor. Sekretaris-generaal […]

Read More

Covid neem toe op Lüderitz - April 25, 2023

Die waarnemende senior mediese beampte vir die Lüderitz-distrikshospitaal, dr. M. Shikalepo het in ‘n omsendskrywe gewaarsku oor toenemende Covid-gevalle op die kusdorp. Daar is tussen 18 en 24 April, ses nuwe gevalle bevestig en daar is kommer dat die infeksies kan versprei. Besighede word gemaan om versigtig te wees en maatreëls daar te stel vir besoekers en lede van die […]

Read More