
Namibië en SA onderteken ooreenkomste - April 20, 2023
Beplanning het begin om samewerking met handel en beleggings tussen Namibië en Suid-Afrika te verstewig. Dit volg na die ondertekening van nuwe ooreenkomste om die formele omvang van samewerking tussen die twee lande uit te brei. President Cyril Ramaphosa was tydens sy staatsbesoek die gasheer vir sy Namibiese eweknie, President Hage Geingob. Ramaphosa sê hy […]
Petrolprys in SA kan in Mei styg - April 20, 2023
Motoriste in die buurland moet hulle staal vir ʼn veel hoër petrolprys volgende maand aangesien die internasionale prys van olie hoog bly. Volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds sal die prys van petrol na verwagting met tussen 74 en 80 sent per liter styg weens die koste van internasionale produkte waaraan die petrolprys […]
SpaceX se Starship ontplof - April 20, 2023
Elon Musk se SpaceX se Starship het in ‘n vuurbal ontplof tydens sy tweede mislukte wentelbaan-lansering in ‘n week. Die wêreld se kragtigste onbemande vuurpyl het suksesvol vanaf Suid-Texas gelanseer. Maar die tuig van 3 miljard Amerikaanse dollar het vier minute in die vlug in begin tuimel toe dit voorberei het om die versterker van […]
Sokker: Vyandige ontvangs vir Man United verwag - April 20, 2023
Sokker: Manchester United kom vanaand in Spanje in die tweede been van die kwarteindstryd van die Europa-liga teen Seville te staan. Die kragmeting is delikaat gebalanseer nadat United laat in die eerste wedstryd op Old Trafford twee doele afgestaan het. United verwag ʼn vyandige ontvangs, maar bestuurder, Erik ten Hag, sê sy span moet daardie […]
Kabinet verleng droogtehulp-program in sekere streke - April 20, 2023
Met die dreigende droogte-situasie as gevolg van te min en sporadiese reënval wat in Namibië ontvang word, is die kantoor van eerste minister deur die kabinet opdrag gegee om die droogtehulp-program in die Kunene-streek en dele van Erongo-streek en Omusati-streek van 1 April 2023 tot 30 Mei 2024, te verleng. Die program beloop 121 miljoen […]
Huurbeheer-wetsontwerp word opgestel - April 20, 2023
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sê dat die Huurbeheer-wetsontwerp tans deur ‘n aangewese span kundiges opgestel word. Die ministerie sê die finale konsep sal na verwagting voor die einde van die 2023-2024-boekjaar gedoen word. Sedert die aankondiging van die Huurbeheer-raad teen die einde van 2018, was die liggaam onaktief en is dit van […]
Poca-opleiding uitgestel weens verskille van regslui - April 20, 2023
Die res van die voortgesette opleiding oor die voorkoming van georganiseerde misdaad, bekend as Poca en teen-geldwassery, wat deur die kantoor van die aanklaer-generaal gereël is, is uitgestel. Opleiding is reeds vandeesweek in Windhoek, Oshakati en Keetmanshoop aangebied. Opleiding sou vanaf 26 tot 28 April op Rundu plaasgevind het, maar is uitgestel. Dit volg nadat […]
Saftu verwelkom arres-lasbrief vir Markus Jooste - April 20, 2023
Die vakbondfederasie Saftu verwelkom Duitse owerhede se aansoek om ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, wat versuim het om in die hof te verskyn weens rekeningkundige bedrog. Die skandaal het gelei tot aansienlike verliese vir aandeelhouers, insluitend die Pensioenfonds vir Staatsamptenare en die Openbare Beleggingskorporasie, wat miljarde […]
Kolisi se lewensverhaal in New York te sien - April 20, 2023
Die Springbok-rugbykaptein, Siya Kolisi, se lewensverhaal sal in Junie op die Tribeca-fees in New York deur internasionale gehore gesien word. Rise: The Siya Kolisi Story, sal sy ondersteuners wys waar alles in Zwide in die Oos-Kaap begin het tot waar hy die span in 2019 na Wêreldbeker-oorwinning lei. Die internasionale geleentheid sluit 109 rolprente van […]
Sappi met R8 miljoen oor lugbesoedeling beboet - April 20, 2023
Die eThekwini-metro in KwaZulu-Natal verwelkom ‘n beslissing deur die streekshof op Scottburgh om die papier- en pulp-maatskappy, Sappi, met ‘n reuse 8 miljoen Suid-Afrikaanse rand te beboet vir lugbesoedeling deur die oormatige vrystelling van swaweldioksied. Die stad sê die uitlaatgasse het ‘n negatiewe uitwerking op die omgewing en menslike gesondheid en hulle monitor dit noukeurig. […]