Betty White se goedere gaan onder die hamer

Julien’s-afslaers in Beverly Hills gaan in September besittings van die ikoniese komedie-aktrise Betty White opveil. Dit sluit in kunswerke, juwele, rooi tapyt rokke en toekennings wat sy ontvang het. Sy is in Desember verlede jaar in die ouderdom van 99 oorlede. Meer as een-duisend-500 items, insluitend gedenkwaardighede uit The Golden Girls en ‘n ring uit haar huwelik met Allen Ludden, […]

Read More

TotalEnergies se ontdekking eintlik 3 miljard vate

TotalEnergies Venus-1-ontdekking aflandig van bevat minstens 3 miljard vate herwinbare olie en is Afrika suid van die Sahara se grootste olievonds ooit. Dit is volgens Upstreamonline. Venus se bronne laat toe dat  250 000 vate per dag geproduseer kan word. Daar word berig dat dit TotalEnergies se grootste ontdekking in 20 jaar is. Venus-1 is tot ‘n totale diepte van […]

Read More

Owerhede verloor stryd teen onwettige sigarette in SA

Tax Justice South Africa sê owerhede verloor die stryd teen misdadigers wat onwettige sigarette aan winkels verskaf en die land van miljarde rand se noodsaaklike inkomste beroof. Volgens ‘n verslag deur die voorste marknavorser IPSOS, het sigarethandel waar belasting ontduik word, die afgelope jaar baie skerp gestyg, al het die regering die verbod op sigaretverkope […]

Read More

Russe verwoes 100 mediese fasilieite in die Oekraïne – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar was meer as 100 aanvalle op mediese fasiliteite in Oekraïne sedert die Russiese inval begin het. Drie-en-sewentig mense is in hierdie aanvalle dood en 51 is beseer. Die organisasie sê uit die 102 aanvalle tot dusver het 89 gesondheidsgeriewe geraak en 13 vervoer, insluitend ambulanse. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê aanvalle […]

Read More

Brown is verheug om sewes te speel

Die Springboksewes-speler Ronald Brown sê hy is bly om terug te wees in die span. Toe hulle in Januarie na Spanje vertrek het, moes hy tuis bly weens ‘n kniebesering. Brown sê dit was ‘n bedekte seën omdat sy knie nou volkome herstel het. Hy sê hy is gretig om die naweek in die Singapoer-sewestoernooi […]

Read More

Kaapse bib kry amper 3 000 laat boeke terug

Die Stad Kaapstad is verheug oor 2 798 boeke, tydskrifte, DVD’s en ander agterstallige items wat terugbesorg is. Leners het verlede maand gebruik gemaak van ‘n tydperk wat met Suid-Afrikaanse Biblioteekweek saamgeval het, waarin geen boetes gehef is nie, om items terug te bring. ‘n Woordvoerder van die stad, Patricia van der Ross, sê van […]

Read More

Dis die Richelieu Eagles teen Uganda

Die Namibiese nasionale krieketspan, die Richelieu Eagles is vanmiddag om een-uur terug op die krieketveld by die United-krieketveld in Windhoek in hul eerste T20-toernooi teen Uganda. Die reeks duur tot volgende week Woensdag en Gerhard Erasmus sal die span aanvoer. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, sê hulle moet aanhou speel.

Read More

BoN se netto leenvereiste is N$18,5 miljard

Die Bank van Namibië het ‘n netto leenvereiste van 18,5 miljard Namibiese dollar vir die finansiële jaar 2022/23 geïdentifiseer. Vereiste finansiering sal verkry word uit ‘n kombinasie van kontantdeposito-onttrekkings uit die plaaslike delgingsfonds, eksterne lenings deur multilaterale entiteite en fondse op die JSE, en leenkapitaal van die plaaslike mark. Ekonoom Gabriel Erastus verduidelik aan Kosmos […]

Read More

R12,3 triljoen nodig in SA vir zero-uitlaatgasse

Suid-Afrika het sowat 12,3 triljoen Suid-Afrikaanse rand nodig vir die oorgang na netto-zero uitlaatgasse. Dit is bo en behalwe die kapitaal wat reeds geoormerk is vir klimaatsbeleide. Dit is volgens Standard Chartered se verslag, Just in Time: Financing a fair transition to net-zero. Die verslag sê indien Suid-Afrika sy oorgang na netto-zero self befonds, sal dit hoër belasting en ‘n toename in regeringslenings beteken. Standard Chartered sê dit is daarom belangrik […]

Read More

China waarsku Amerika oor Taiwan

China het Amerika opnuut gewaarsku dat hy streng sal optree as die beplande besoek van Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers, aan Taiwan volgende week sal voortgaan. Beijing sê dit sal ‘n ernstige impak op hul internasionale betrekkinge hê. China beskou die demokraties beheerde Taiwan as sy eie grondgebied en die onderwerp is ‘n […]

Read More