Huurbeheer-wetsontwerp word opgestel

Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sê dat die Huurbeheer-wetsontwerp tans deur ‘n aangewese span kundiges opgestel word. Die ministerie sê die finale konsep sal na verwagting voor die einde van die 2023-2024-boekjaar gedoen word. Sedert die aankondiging van die Huurbeheer-raad teen die einde van 2018, was die liggaam onaktief en is dit van die handelsministerie na die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling geskuif. Talle verhuurders van eiendomme in Namibië volg nie die regte prosedure met huur-deposito’s nie. Die Huur-ordinans van 1977 is steeds van krag. Volgens wet, wanneer ‘n huurder hul deposito betaal, moet slegs 50 persent van die deposito geneem word en nie 100 persent wat die meeste verhuurders vereis nie. Wanneer die huurder uittrek, is die deposito van 50 persent veronderstel om met rente teruggegee te word omdat dit belê moet word. Affirmative Repositioning se hoof van administrasie, Tuhafeni Hangula het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee…