Poca-opleiding uitgestel weens verskille van regslui - April 20, 2023

Die res van die voortgesette opleiding oor die voorkoming van georganiseerde misdaad, bekend as Poca en teen-geldwassery, wat deur die kantoor van die aanklaer-generaal gereël is, is uitgestel. Opleiding is reeds vandeesweek in Windhoek, Oshakati en Keetmanshoop aangebied. Opleiding sou vanaf 26 tot 28 April op Rundu plaasgevind het, maar is uitgestel. Dit volg nadat […]

Read More

Saftu verwelkom arres-lasbrief vir Markus Jooste - April 20, 2023

Die vakbondfederasie Saftu verwelkom Duitse owerhede se aansoek om ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, wat versuim het om in die hof te verskyn weens rekeningkundige bedrog. Die skandaal het gelei tot aansienlike verliese vir aandeelhouers, insluitend die Pensioenfonds vir Staatsamptenare en die Openbare Beleggingskorporasie, wat miljarde […]

Read More

Kolisi se lewensverhaal in New York te sien - April 20, 2023

Die Springbok-rugbykaptein, Siya Kolisi, se lewensverhaal sal in Junie op die Tribeca-fees in New York deur internasionale gehore gesien word. Rise: The Siya Kolisi Story, sal sy ondersteuners wys waar alles in Zwide in die Oos-Kaap begin het tot waar hy die span in 2019 na Wêreldbeker-oorwinning lei. Die internasionale geleentheid sluit 109 rolprente van […]

Read More

Sappi met R8 miljoen oor lugbesoedeling beboet - April 20, 2023

Die eThekwini-metro in KwaZulu-Natal verwelkom ‘n beslissing deur die streekshof op Scottburgh om die papier- en pulp-maatskappy, Sappi, met ‘n reuse 8 miljoen Suid-Afrikaanse rand te beboet vir lugbesoedeling deur die oormatige vrystelling van swaweldioksied. Die stad sê die uitlaatgasse het ‘n negatiewe uitwerking op die omgewing en menslike gesondheid en hulle monitor dit noukeurig. […]

Read More

Namibiese Kamer van Mynwese hou jaarvergadering - April 20, 2023

Die Namibiese Kamer van Mynwese hou op 26 April hul algemene jaarvergadering. Namibië se mynbousektor het in die derde kwartaal van verlede jaar met 22 persent gegroei en het sowat 1,8 persent van die algehele arbeidsmag uitgemaak. Maar, daar is kritiek. Die skadu-finansminister en LP van die PDM-opposisieparty, Nico Smit, sê waardetoevoeging en plaaslike besit […]

Read More

Kommer oor afname in bloukraanvoëls - April 20, 2023

Namibië se bloukraanvoël-bevolking is meer bedreig as die ikoniese swartrenoster. Die aantal bloukraanvoëls het tot ongeveer 19 voëls afgeneem, volgens die syfers van die April 2023-telling. Daar word vermoed dat mense bloukraanvoëls noord van die Etosha Nasionale Park vir die pot skiet, aangesien hulle glo baie ander beskermde voëlspesies daar doodmaak, insluitend flaminke en neushoringvoëls. […]

Read More

Outa maak beswaar teen Eskom se vrystelling - April 20, 2023

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het beswaar gemaak teen die Nasionale Tesourie se voorstel om Eskom vir drie jaar vry te stel van die bekendmaking van onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes in sy jaarstate. Die kennisgewing in die Staatskoerant wat die vrystelling verleen, is ná openbare besware teruggetrek en vervang met ‘n oproep om kommentaar […]

Read More

Italiaanse strandlisensies nie meer geërf   - April 20, 2023

Die Europese geregshof in Luxemburg het beslis dat Italiaanse strand-lisensies onderworpe moet wees aan deursigtige en onpartydige prosesse. Dié beslissing vergroot die druk op die regering om mededinging in die bedryf te verbeter. Lisensies vir die verskaffing van strandstoele en -sambrele is tradisioneel familie-ondernemings en die lisensies word van gesag tot geslag oorgedra. Die hofbeslissing […]

Read More

Wes-Kaap kry beleggings van meer as R4 miljard - April 20, 2023

Die Wes-Kaapse toerisme-, handel- en beleggingsbevorderings-agentskap, Wesgro, sê hy kon reeds tot op datum, meer as 4 miljard Suid-Afrikaanse rand se nuwe direkte belegging na die provinsie lok. Die beleggings sal na verwagting meer as 1 500 werksgeleenthede in verskeie van die Wes-Kaap se grootste ekonomiese sektore skep. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent […]

Read More

Maasbanker-veiling bring N$52,3 miljoen in   - April 20, 2023

Die Namibiese ministeries van finansies en vissery beskou die maasbanker-veiling as ‘n sukses. In totaal het die maasbanker-veiling ‘n totaal van 52,3 miljoen Namibiese dollar verkry uit die verkoop van 28 500 metrieke ton, insluitend 11 000 dollar wat uit aansoekfooie ingesamel is. Daar was verbeterde pryse van die reserweprys van 3 000 dollar tot […]

Read More