Khomasdal-gemeenskap maak begraafplaas skoon

Lede van die Khomasdal-gemeenskap is tans besig om die Khomasdal-begraafplaas skoon te maak. Hilaria Kakombo, een van die inwoners, sê hulle kan nie verwag dat die regering die begraafplaas altyd vir hulle skoonmaak nie. Talle begraafplase in Namibië is verwaarloos en word deur misdadigers geteiken wat selfs grafstene steel. Kakombo sê aan Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Wyle Chris Hani môre aan Oos-Rand herdenk

Voorbereidings het reeds ver gevorder vir môre se jaarlikse Chris Hani-herdenking aan die Gautengse Oos-Rand. Die Stad Ekurhuleni het bevestig ‘n kransleggings-plegtigheid sal vir die ontslape teen-apartheids-ikoon gehou word. ‘n Woordvoerder van die metro, Zweli Dlamini, sê die viering sal by die Thomas Nkobi Gedenkpark in Germiston gehou word, waar Hani in 1993 begrawe is. Op 10 April sal […]

Read More

Wetenskaplikes van UWK maak merkwaardige sterrekundige ontdekking

‘n Groep wetenskaplikes aan die Universiteit van die Wes-Kaap het ‘n merkwaardige sterrekundige ontdekking gemaak. ‘n Reuse mega-maser is in die ruimte opgespoor, wat verder is as enige ander wat voorheen gesien is. Wetenskaplikes het die voorwerp Nkalakatha gedoop, wat beteken grootbaas, uit erkenning vir sy reuse omvang. Die kragtige radiogolf-laser het vyf miljard ligjare weg van die […]

Read More

Nambiese o.20-rugbyspan draf nou uit teen Ivoorkus

Die Namibiese onder-20 rugbyspan draf nou om tien-uur uit teen die Ivoorkus in die Barthesbeker-toernooi in Nairobi in Kenia. Kaptein Rowan Jansen, flank van FNB Western Suburbs, moes vervang word nadat hy positief vir Covid-19 getoets het. In Jansen se plek is Oela Blaauw, skrumskakel en onderkaptein, as die nuwe toerleier op die veld aangewys. […]

Read More

Sakeman van Ondangwa bly in aanhouding na beweerde verkragting

‘n Sakeman van Ondangwa, die 53-jarige Otto Shikomba, bekend as Niimboto, bly in aanhouding nadat hy op twee klagte van verkragting in die landdroshof op dié Noorde-dorp verskyn het. Hy is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy daarvan beskuldig word dat hy ‘n 23-jarige vrou verlede week twee keer verkrag het. Landdros Alice Gawanas het die beskuldigde […]

Read More

Joe Biden in gesprek met Ramaphosa oor Oekraïne

Die Amerikaanse President Joe Biden was met sy Suid-Afrikaanse eweknie, President Cyril Ramaphosa in verbinding ná Suid-Afrika buite stemming gebly het in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering oor die resolusie om Rusland uit die Menseregteraad te skop. Suid-Afrika het sy besluit regverdig deur te sê hy glo die ter-tafellegging van die resolusie was voortydig […]

Read More

Taiwannese helikopter stort neer tydens soektog na vermiste skip

Twee mense is dood, een beseer en een word vermis ná ‘n helikopter van Taiwan met twee kuswag-vlieëniers en twee ander Vrydag aan die kus van Suid-Korea neergestort het, terwyl dit na die vermiste skip Kyoto 1 en sy bemanning gesoek het. Dit volg ná ‘n Taiwannese soekgeselskap die lyke van twee mense in die […]

Read More

Louis Oosthuizen onttrek weens besering aan Meesterstoernooi

Gholf: Louis Oosthuizen het hom weens ‘n besering aan die Meesterstoernooi onttrek. Die Suid-Afrikaner het die 2010 Britse Ope gewen. Oosthuizen, wat 14de op die wêreldranglys is, was Tiger Woods se spanmaat. Die Amerikaner sit sy merkwaardige terugkeer voort ná hy 14 maande gelede ernstige beenbeserings in ‘n motorbotsing opgedoen het. Oosthuizen se landgenoot en […]

Read More

Copps 94.1 beleef die armoede in Windhoek

Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teen-misdaad realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug in die hoofstad met ons borge G4S Namibia, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, E-Med Rescue 24 en die Windhoekse Stadspolisie. Oor Vrydagaand se program sluit ons aan by Francois Lottering wat op grondvlak die armoede in die hoofstad beleef het.

Read More

Ramaphosa ontmoet Vrystaat-gemeenskappe

President Cyril Ramaphosa gaan vandag die regering se ontmoeting met gemeenskappe in Mangaung in die Vrystaat lei. Dit sal vandag se presidensiële imbizo in die metro voorafgaan. Die kabinet het vandeesweek die nasionale uitvoerende gesag se ingryping in die bestuur van Mangaung goedgekeur. Nadat die Vrystaat se provinsiale uitvoerende gesag versuim het om ‘n finansiële herstelplan in […]

Read More