Agbiz: Ses miljoen Suid-Afrikaners ly honger - May 9, 2023

Die hoof-ekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, sê ongeveer ses miljoen Suid-Afrikaners ly honger. Dit word  toegeskryf aan die stygende voedsel-inflasiekoers. Sihlobo het gesê ondanks die verbeterde uitvoerkoers ten opsigte van waarde, kan die meeste Suid-Afrikaners nie kos op die tafel sit nie. Hy verduidelik verskeie uitdagings dra by tot die probleem, insluitend ontwrigtings in die […]

Read More

Oudpremier van Pakistan weer gearresteer - May 9, 2023

Lede van ‘n paramilitêre mag in Pakistan het die voormalige eerste minister, Imran Khan by die hooggeregshof in Islamabad in hegtenis geneem. Sy gesant het bevestig dat dit verband hou met ‘n saak van korrupsie. Die oud-krieketkaptein Khan is in April verlede jaar in ‘n wantrouemosie in die parlement uitgestem, onder andere oor hoë inflasie, […]

Read More

Bosa-leier stuur versoekskrif aan Gordhan om ligte aan te hou - May 9, 2023

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, gaan môre ‘n openbare versoekskrif van stapel stuur wat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, dwing om seker te maak die kragtoevoer word herstel na skole, hospitale en polisiestasies. Gordhan gaan appelleer teen die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing om die kragtoevoer binne 60 dae […]

Read More

NSA: Handelstekorte duur voort   - May 9, 2023

Namibië se handelstekort het in Maart met 1,8 miljard Namibiese dollar gestyg tot 2,2 miljard dollar, vergeleke met 453 miljoen dollar wat in Februarie aangeteken is, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap. Uitvoer-verdienste het met 26,3 persent toegeneem van 8,1 miljard dollar wat in Februarie aangeteken is tot 10,2 miljard dollar in Maart. Invoere aan die ander […]

Read More

Eerste saak oor onwettige hout-oeste in Rundu-hof - May 9, 2023

Die eerste saak van onwettige hout-oeste vanjaar het in die Rundu-landdroshof voorgekom. Drie Namibiese mans is borgtog geweier. Die drie beskuldigdes, John Shininge, Paulus Leevi en Sebastian Sitwafa, is by Rundu in hegtenis geneem nadat hulle in besit gevind is van 76 houtplanke en ‘n hout-verwerkingsmasjien. Hulle kon nie ‘n permit verskaf wat hulle toelaat […]

Read More

Valke-hoof: De Ruyter wou nie met polisie vergader - May 9, 2023

Meer as duisend gevalle van moontlike wetsoortredings by Eskom word deur die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek. Verskeie wetstoepassingsagentskappe verskyn voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge om bewerings van korrupsie, bedrog en misdaad-kartelle by die kragvoorsiener aan te spreek. Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het vroeër vanjaar die bewerings in […]

Read More

SA gholfspeler sterf aan kanker - May 9, 2023

Gholf: Die voormalige Suid-Afrikaanse beroepspeler, John Bland, is op die ouderdom van 77 aan kanker oorlede. Hy het sy beroepsloopbaan in 1969 begin en altesaam 19 titels in die Sonskyn-reeks gewen en vier keer die reeks se Orde van Verdienstelikheid ingepalm. Bland het vyf PGA Toer-toernooie en drie Legends Toer-toernooie gewen. Hy het twee titels […]

Read More

NamPower skuld: Stad Windhoek sê dis weens wankommunikasie - May 9, 2023

Stad Windhoek het gereageer op die aankondiging deur NamPower dat hy beurtkrag op Groot Aub en Brakwater sal toepas as gevolg van uitstaande skuld. Die kragvoorsiener sê hy word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld wat teen 31 Mei betaalbaar is of beurtkrag begin in fases vanaf 5 Junie. Die woordvoerder van die Stad, […]

Read More

Noa gesels oor mediakonferensie op Swakopmund - May 9, 2023

Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië hou weer sy jaarlikse Erongo-mediakonferensie op Vrydag 2 Junie op Swakopmund. Hierdie inisiatief is in samewerking met die kantoor van die streekgoewerneur. Die kommissie se adjunk-direkteur-generaal, advokaat Erna van der Merwe, sal die media toespreek. Die direkteur-generaal, Paulus Noa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie jaarlikse geleentheid gereël word […]

Read More

Presidente loop SAOG Troika mis oor Charles se kroning - May 9, 2023

Die presidente van Botswana, Zimbabwe, Eswatini, Malawi, Lesotho, Zambië, Mosambiek en Angola het kritieke SAOG-beraad oor die sekerheidstroika misgeloop omdat hulle nog in Engeland was vir die kroning van koning Charles III. Die doel van die beraad was om verslag te doen oor bevindinge oor die DRK-konflik en die SAOG-wapenoperasies in Mosambiek se Cabo Delgado te […]

Read More