
Brandstofprys eers môre aangekondig - May 29, 2023
Die ministerie van myne en energie is bewus van die vals inligting wat in die media sirkuleer oor die brandstofprys-aanpassing vir Junie. Die aankondiging oor brandstofpryse sal eers môre gemaak word en volgende week Woensdag 7 Junie in werking tree. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Andreas Simon gepraat, wat sê dat […]
Afrika Jeug in Toerisme-beraad op Swakopmund - May 29, 2023
Namibië het weer die bod gewen om die Afrika Jeug in Toerisme-beraad vir die volgende drie jaar aan te bied. Die omgewingsministerie sal die vyfde beraad van môre tot 2 Junie op Swakopmund aanbied. Die vierde beraad het in 2022 in Windhoek plaasgevind. Dit is die enigste Pan-Afrika-jeugberaad wat ‘n platform vir die jeug in […]
Maatreëls teen voëlgriep in Wes-Kaap versterk - May 29, 2023
Die Wes-Kaapse regering gaan gesprekvoering met die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging voortsit om te verseker dat maatreëls vir bio-sekuriteit verskerp word nadat voëlgriep onlangs in die provinsie opgespoor is. Die provinsiale veeartseny-dienste het bevestig dat voëlgriep verlede maand op twee kommersiële hoenderplase in die Wes-Kaap ontdek is. Die presiese stam van die siekte is nog nie geïdentifiseer […]
Greenpeace Afrika vra einde aan plastiek - May 29, 2023
Greenpeace Africa doen op ‘n beroep op wêreldleiers om die plastiek-era te beëindig. Konstitusieheuwel in Johannesburg was heeltemal verlig met ‘n 3D-beeld wat ‘n End the Age of Plastic-boodskap vertoon ter ondersteuning van die tweede sessie van die interregering-onderhandelingskomitee wat vandag in Parys begin. Hellen Kahaso Dena van Greenpeace Africa sê 99 persent van die […]
Ondersoek begin na oorsprong van cholera - May 29, 2023
Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie sê ondersoeke is aan die gang om die oorsprong van die cholera-uitbreking in die land vas te stel. Die siekte het reeds 24 lewens geëis waarvan 23 in Gauteng se Hammanskraal-gebied was en een in die Vrystaat. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê alhoewel hulle steeds die […]
Amushelelo moes in Walvisbaai-hof verskyn - May 29, 2023
Die omstrede menseregte- en arbeidsaktivis Michael Amushelelo moes vandag in die Walvisbaai-landdroshof verskyn het, maar hy verskyn ook vandag op soortgelyke klagte in die Windhoek-landdroshof in Katutura saam met sy medebeskuldigdes Dimbulukeni Nauyoma en Inna Hengari. Die twee is op borgtog vrygelaat, maar Amushelelo is steeds in aanhouding op Seeis nadat hulle op Onafhanklikheidsdag in […]
Dwelmmisbruik, geslagsgeweld by universiteite getakel - May 29, 2023
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, stel vandag die geïntegreerde instrument teen maatskaplike misdaad, dwelmmisbruik en geslagsgeweld by die Universiteit van Kaapstad bekend. Die departement werk sedert 2015 nóú saam met hoëronderwysinstellings om hierdie misdade onder die land se studente te bekamp. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê hulle het deur vergaderings openbare […]
Gelukwensinge stroom in vir Erdogan - May 29, 2023
Die Russiese President Vladimir Putin het sy Turkse ampsgenoot, Tayyip Erdogan, gelukgewens met sy herverkiesing as President. Erdogan het meer as 52 persent van die stemme gekry, hoewel die verkiesingsuitslae nog nie amptelik aangekondig is nie. Putin sê Erdogan se oorwinning is ‘n bewys van sy onbaatsugtige werk en onafhanklike buitelandse beleid. Putin het hom […]
Tennis: Tsitsipas kom te staan teen Spanjaard in Franse Ope - May 29, 2023
Tennis: Die vyfde gekeurde Stefanos Tsitsipasis is deur na die tweede ronde van die Franse Ope. Die Griek en 2021-finalis, het Jiri Vesely van die Tsjeggiese Republiek met 7-5, 6-3, 4-6, 7-6 geklop. Hy sal nou te staan kom teen Roberto Carballes Baena van Spanje wat die Amerikaanse kwalifiseerder Emilio Nava in skoon stelle geklop […]
Wes-Kaapse inwoners gekant teen konsep-onderwyswet - May 29, 2023
Die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys sê die meerderheid inwoners van die Wes-Kaap het die Wysigings-wetsontwerp oor Basiese Onderwyswette verwerp omdat dit nie hulle kinders se belange op die hart dra nie. Die voorsitter van die komitee, Bongiwe Mbinqo-Gigaba, sê die siening is gedeel deur die inwoners van die Eden- en Witzenberg- plaaslike munisipaliteite tydens […]