
Food Waste Challenge ‘n reuse-sukses - June 23, 2023
Voorstelle het ingestroom vir die tweede fase van die Capricorn-stigting se Food Waste Challenge, wat in April 2023 van stapel gestuur is. Dit het gevra vir oplossings om selfversorgende maatskaplike ondernemings te skep of uit te brei om die kwessie van voedsel-vermorsing in Namibië te takel en werk te skep vir Namibiërs. Dit word as […]
Geingob: Staatsamptenare moet almal met respek behandel - June 23, 2023
President Hage Geingob sê om ‘n staatsamptenaar te wees is ‘n roeping en nakoming van die handves van die ministerie, kantoor en agentskap wat jy dien. Afrika Staatsdiensdag word vandag herdenk onder die tema “Versnelling van die implementering van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied”. Hy herinner staasdiens-amptenare aan die waardes en deugde van die staatsdiens in […]
Spertyd vir indien van belasting-opgawes om die draai - June 23, 2023
Die spertyd vir die indien van inkomstebelasting-opgawes is om die draai. Die Namibiese Inkomste-agentskap herinner werknemers van die verskillende ministeries, kantore en agentskappe en alle ander belastingbetalers om al hul jaarlikse inkomstebelasting-opgawes voor 30 Junie in te dien. Die Geïntegreerde Belasting-administrasiestelsel, bekend as Itas, is gereed om die opgawes te aanvaar en te verwerk, insluitend […]
31 onwettige mynwerkers by Welkom-myn dood - June 23, 2023
Die departement van minerale hulpbronne en energie in die buurland sê minstens 31 vermeende onwettige mynwerkers is by ‘n myn in Welkom in die Vrystaat dood. Lesotho se ministerie van buitelandse sake het die departement ingelig dat die groep verlede maand dood is in ‘n ventilasieskag wat in die 1990’s laas gebruik is. Drie liggame […]
Rugby: Jean Kleyn kry groen lig vor Bok-keuring - June 23, 2023
Rugby: Die voormalige Ierse toetsspeler, Jean Kleyn, het die groen lig gekry om vir die Springbokke gekies te word. Wêreldrugby het bevestig Kleyn, wat in Johannesburg gebore is, voldoen aan die nodige geboortereg-oordragvereistes. Die regulasie laat spelers toe om vir hul geboorteland gekies te word sodra ‘n tydperk van minstens 36-maande verloop het sedert hy […]
Tekort aan inplanting-voorbehoedmiddels - June 23, 2023
Die Gautengse departement van gesondheid het deurlopende voorsiening van voorbehoedmiddels en gesinsbeplannings-dienste verseker ten spyte van die tekort aan inplanting-voorbehoedmiddels. Tussen Januarie en Maart vanjaar het die Gautengse Mediese Voorraad-depot 31 000 inplanting-voorbehoedmiddels bestel. Die verskaffer kon nie aan die vraag voldoen nie en het vanaf verlede week slegs 7 000 gelewer. Die departement se […]
G’n wonder 50% Namibiërs is arm – ekonoom - June 23, 2023
Die helfte van die Namibiese bevolking staar armoede in die gesig, sê eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila. Sy sê die regering het armoede van 38 persent tot sowat 18 persent verminder, maar sake het sedertdien vererger. Volgens die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds se 2022-jaarverslag toon in die Gini-koëffisiënt-indeks dat inkomste-ongelykheid in Namibië op 57,2 staan. Die […]
Saftu nie verras deur inkomste-gapings - June 23, 2023
Die Suid-Afrikaanse vakbond-federasie, Saftu, sê hy is nie verras deur die inkomstegapings wat in die ekonomie bestaan nie. Die aandeelhouer-organisasie, Just Share, het ‘n donker prentjie geskilder oor verskille tussen uitvoerende hoofde en gewone werkers. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Just Share het onthul die gemiddelde jaarlikse vergoeding van ‘n uitvoerende hoof van die […]
Kommer oor dodelike migrante-roete na Kanarie Eilande - June 23, 2023
Meer as 220 migrante is naby Spanje se Kanarie Eilande gered, nadat meer as 30 migrante volgens berigte in die gebied verdrink het. Die Spaanse kuswag sê die migrante het in opblaasbote naby die Lanzarote- en Gran Canaria Eilande gereis toe hulle in die moeilikheid beland het. ‘n Aantal migrante moes hospitaal toe geneem word […]
Rugby: Crusaders wil afrigter met sege groet - June 23, 2023
Rugby: Die Crusaders hoop om hulle hoof-afrigter vaarwel te sê met ʼn sewende agtereenvolgende Super Rugby Pacific-titel. Scott Robertson word die afrigter van die All Blacks nadat hy die beker elke jaar gewen het sedert hy in 2017 oorgeneem het. Al wat in die ’Saders se pad staan is die Chiefs wat in top-vorm is […]