
Nee, Samherji het nie jammer gesê nie - May 12, 2023
Die ‘We are sorry’-plasing was eenvoudig te goed om waar te wees, al het dit die maatskappy se webwerf so geloofwaardig nageboots. Namibia Fact Check het ondersoek ingestel na wat gelyk het asof die Yslandse vismaatskappy Samherji aan Namibië om verskoning vra vir die Fishrot-skandaal. Alles het uiters eg gelyk. Daar was selfs skakels na ander webblaaie maar, Namibia Fact Check sê maatskappye vra nie so om verskoning […]
Gelukwensings stroom in vir stigterpresident se 94ste - May 12, 2023
Sam Nujoma, die stigterspresident is nog baie sterk en gesond terwyl hy vandag sy 94ste verjaardag vier. Hy word nog steeds as die vader van die nasie deur Namibiërs gerespekteer vir sy leierskap en wysheid nadat hy Namibië na onafhanklikheid in 1990 gelei het. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunkpresident Nangolo Mbumba gepraat wat Nujoma ‘n gelukkige […]
Thomas Florin bring weer aansoek vir vrylating - May 12, 2023
Die berugte Thomas Florin het ‘n aansoek op die mosiehofrol vanoggend. Hy poog weer om vrygelaat te word maar, die saak sal van die rol verwyder word en na ‘n besturende regter oorhandig word. Florin, wat sy vrou Monica in Junie 1998 op Swakopmund vermoor het en haar oorskot gekook het, is in Desember 1999 […]
Langverwagte Hartebeestloop-veiling vind vandag plaas - May 12, 2023
Die Hartebeestloop Bonsmara-veiling vind vanoggend om elf-uur op die plaas Hartebeestloop van die top-Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann in die Stampriet-distrik plaas. Die veiling sal ook aanlyn wees met ‘n groot verskeidenheid van top-kwaliteit Bonsmara-bulle en vroulike diere. Briedenhann se seun Byron het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die voordele van gefokusde teling, veral as […]
SA sal verder ly as gevolg van ANC se oortreding van internasionale wette – DA - May 12, 2023
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê Amerika se beskuldiging dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het, is ‘n ysingwekkende en diep ontstellende bevestiging dat President Cyril Ramaphosa en sy regering aktief betrokke is by Moskou se oorlog in Oekraïne. Amerika se ambassadeur, Reuben Brigety, het gister dié bewerings gemaak. Die aankondiging het die rand skerp laat […]
Avokadopere is op met 71,2%, maar mielies is af met 13% - May 12, 2023
‘n Ontleding van die jongste inflasiesyfers deur Simonis Storm dui aan dat die koste van ‘n avokadopeer met 71,2 persent in April gestyg het. Tweede is groen soetrissies wat 52,8 persent duurder geword het met komkommer op 44,7 persent. Aan die ander kant van die spektrum is mielies wat met amper 13 persent gedaal het, […]
SA Presidensie: Alles is in orde met handel met die VSA - May 12, 2023
President Cyril Ramaphosa sê sy regering stel ondersoek in na Amerika se beskuldiging dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het vir die oorlog in Oekraïne. Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, beweer die wapens en ammunisie is op ‘n Russiese skip gelaai wat in Desember by die vlootbasis in Simonstad, Kaapstad vasgemeer het. Ramaphosa […]
Bedryfshoofde vergader binnekort oor ekonomiese herlewing - May 12, 2023
Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid is die gasheer vir die Nasionale Korporatiewe Forum op Maandag 15 Mei in die hoofstad. Die forum vind plaas onder die tema “Harnessing the Power of Business to Advocate for Local Economic Growth”. Vanjaar se forum sal na verwagting ongeveer 100 bedryfshoofde, uitvoerende hoofde en verenigings-presidente van regoor alle […]
Man sterf na seekoei-aanval, terwyl mens-dier-konflik onder die loep is - May 12, 2023
Terwyl die nasionale konferensie oor mens-dier-konflik van die omgewingsministerie in die hoofstad aan die gang is, het ‘n Namibiese man ná ‘n seekoei-aanval aan sy beserings in ‘n hospitaal in die Kavango-Oos-streek beswyk. Die 26-jarige Likuwa Kuduma en sy suster met haar baba op haar rug, is in hul makôrô deur seekoei in die rivier […]
Diplomatieke herrie in SA terwyl rand tuimel - May 12, 2023
Die buurland se Presidensie sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, se bewerings dat die land wapens aan Rusland voorsien het, ondermyn die gees van samewerking en vennootskap. Die ambassadeur beweer ‘n Russiese vragskip het verlede Desember Simonstad in Kaapstad se vlootbasis verlaat met wapens aan boord. Die Presidensie sê tydens onlangse vergaderings tussen […]