Sanksies teen LIV-spelers ingestel - May 12, 2023

Die DP World Tour het sanksies ingestel teen 26 spelers wat sonder toestemming aan die LIV Golf- en Asian Tour-toernooie deelgeneem het. Die sanksies is op individuele gevalle gebaseer en boetes wissel van 300 190 tot 24,01 miljoen Namibiese dollar vir elke oortreding, asook ‘n skorsing van tot agt toernooie. Spelers soos Lee Westwood en Ian Poulter het vroeër die maand […]

Read More

Ramaphosa sê oor die beëindiging van beurtkrag - May 12, 2023

President Cyril Ramaphosa sê die kwessie rondom die nasionale ramptoestand oor die kragkrisis was veronderstel om ‘n hulpmiddel te wees om die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, by te staan. Ramaphosa het vrae in die Parlement beantwoord en sê drie departemente, naamlik Elektrisiteit, Minerale Bronne en Openbare Ondernemings, werk nou saam om te verseker daar is tasbare maniere […]

Read More

Vreemde diefstalsaak wat N$6m uit ‘n motor beweer - May 12, 2023

‘n Vreemde diefstal het volgens wat berig word op Oshakati voorgekom. Die sakeman, Shamil Dirk, wat ‘n vervoermaatskappy het, is blykbaar van 6 miljoen Namibiese dollar in kontant, uit sy voertuig, by sy huis beroof. Daar word berig dat die diefstal tussen 30 en 31 Maart plaasgevind het en die Oshana-polisiewoordvoerder inspekteur Thomas Aiyambo sê die roof is nie bekend gemaak nie […]

Read More

VF+ sê Amerikaanse intelligensie is gesofistikeerd - May 12, 2023

Die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, sê die beskuldigings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het, is baie ernstig. Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê hy is oortuig ‘n Russiese skip wat verlede Desember in Simonstad in Kaapstad vasgemeer het, het met ammunisie en wapens vertrek. Groenewald sê Amerika se intelligensiediens is hoogs […]

Read More

Die tyd vir die Tories is verby – Starmer - May 12, 2023

Die leier van die Arbeidersparty, Sir Keir Starmer sê die Tories se tyd is verby. Hy sê die afgelope plaaslike owerheidsverkiesing het dit reeds bewys maar, hy voeg by dat premier Rishi Sunak onbevoeg is, ook as minister van finansies, ‘n pos wat hy beklee het voor hy premier geword het. 

Read More

Sesame Street geloof vir diversiteit - May 12, 2023

Sesame Street word geloof nadat hy sy eerste Filippynse muppet bekend gestel het. TJ het sy debuut in ‘n segment gemaak saam met die akteur Kal Penn en Ji-Young, die program se eerste Asies-Amerikaanse muppet wat in 2021 by die program aangesluit het. In sy eerste verskyning het TJ, wat met Yinan Shentu se stem praat, gewys hoe sy gesin se ondersteuning sy selfvertroue ‘n hupstoot gegee het. […]

Read More

Kanker-eise neem toe in SA - May 12, 2023

Suid-Afrika ervaar ‘n styging in versekeringseise vir kanker en ander siektes. Volgens Liberty-versekering se eisestatistieke vir 2022 het meer as 31 000 mense eise ingedien van meer as ses miljard Suid-Afrikaanse rand. ʼn Woordvoerder van Liberty, Tom Crotty, sê ‘n groot persentasie van hierdie eise het met kanker en ander leefstylverwante toestande verband gehou: 

Read More

Tarief vir NamPower vandag bekend - May 12, 2023

Die Elektrisiteitsbeheerraad sal vanoggend sy besluit oor kragtariewe bekend maak. NamPower het ‘n tariefverhoging van 16,87 persent aangevra. NamPower presteer normaalweg uiters goed maar het in die vorige boekjaar erge uitdagings beleef en ‘n verlies van 1,2 miljard Namibiese dollar vir die jaar tot 30 Junie 2022 aangeteken, teenoor ‘n wins van 1,2 miljard in 2021. Daar was in die afgelope boekjaar groot […]

Read More

Oos-Kaapse kinders ‘n maand sonder etes  - May 12, 2023

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is bekommerd oor berigte oor leerders in die Oos-Kaap wat vir ‘n maand sonder etes was weens vertragings met die toewysing van fondse. Die kommissie waarsku hierdie situasie is moontlik ‘n skending van leerders se reg tot basiese voeding. Die kommissie sal die toewysing van fondse aan die betrokke skole monitor. Die […]

Read More

Trump looi Biden oor Title 42 - May 12, 2023

Alle Covid-maatreëls het sowat ‘n uur of twee gelede in die VSA verval, wat dit natuurlik moontlik maak vir Novak Djokovic om aan die Amerikaanse toernooie deel te neem. Maar, onder die maatreëls verval die beperking op die toelating van migrante en vlugtelinge, bekend as Title 42. Oudpresident Donald Trump het teen President Joe Biden uitgevaar omdat hy toelaat dat die titel verval.  Intussen het die Kongres reeds […]

Read More