
Hooggeregshof kap Ya Nangoloh oor minagting van reëls, saak uitgegooi - April 28, 2023
Die appèlsaak wat die nou-omstrede menseregte-aktivis Phil Ya Nangoloh in die hooggeregshof gebring het, het misluk omdat hy nie die reëls van die hof nagekom het nie. ‘n Volbank regters, Naomi Shivute, Dave Smuts en Shafimana Uietele het vanoggend uitspraak gelewer. Ya Nangoloh het in Desember 2019 gepoog om die Olufuko-fees te verbied. Hy het […]
ISAP se duiwe vlieg teen 1,2km per minuute – fietsryers sal taai stryd hê - April 28, 2023
Die toets is gedoen en die wedvlug is beslis aan die gang vir die Resiesduif teen die Bergfietsryer-byeenkoms wat op van 16 tot 18 Junie gehou word. Toe die Resiesduiwe van ISAP by Ovita Wildlife vrygelaat is as deel van die voorbereiding, hulle het teen 1,2 kilometer per minuut gevlieg. Dit is ‘n duidelike aanduiding […]
Voëlgriep in die Kaap niks om oor te kommer nie - April 28, 2023
Die buurland se landboudepartement sê boere hoef nie paniekerig te raak nie omdat voëlgriep nog nie ʼn krisis is nie. Die departement bevestig 120 000 voëls is van kant gemaak na ‘n uitbreking in die Paardeberg-gebied in die Drakenstein- en Swartland plaaslike munisipaliteite in die Wes-Kaap. Die direkteur van Dieregesondheid by die departement, Mpho Maja […]
Caprivi-groep eis dat UDP-lede onmiddellik vrygelaat moet word - April 28, 2023
Caprivi Concerned-groep het met kommer verneem van die arrestasie van vyf lede van die United Democratic-party die week. Die party beywer hom vir die onafhanklikheid van wat hy as die Caprivi-strook beskryf. Die groep sê die Namibiese regering moet ophou om sy standpunte af te dwing op die politieke lewe van die inwoners van die […]
Winde het geen reg om enigiemand te arresteer nie – Mbalula - April 28, 2023
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, gekritiseer na sy opmerkings oor Rusland se President Vladimir Putin. Die premier het gewaarsku indien Putin ‘n voet in die provinsie sit, sal hy deur plaaslike wetstoepassers in hegtenis geneem word. Die Internasionale Strafhof het in Maart ‘n lasbrief uitgereik vir Putin se inhegtenisneming weens sy vermeende betrokkenheid by die […]
Sekte: Nog ‘n Keniaanse pastoor agter tralies - April 28, 2023
Keniaanse owerhede het nog ‘n prominente selfverklaarde profeet in hegtenis geneem op kriminele aanklagte wat verband hou met massamoord op sy volgelinge. Die land se minister van binnelandse sake, Kithure Kindiki, het Ezekiel Ombok Odero, van die New Life Prayer Church in Mavueni, in Kilifi, bevestig maar het nie verdere besonderhede oor die bewerings teen Odero gegee nie. Sy kerk is gesluit en meer as 100 mense wat by die perseel was, is ontruim. Odero verkoop wondergenesing vir siekes met botteltjies lewende water en […]
130 000 Britse staatsamptenare staak vandag en dis chaos - April 28, 2023
Nog ‘n reuse-staking vind vandag in die Verenigde Koninkryk plaas met 130 000 staatsamptenare wat deelneem. Die adjunkpresident van daardie land se Openbare en Kommersiële Dienste-vakbond Martin Cavanagh sê die situasie vir die amptenare het ondraaglik geword en daar was geen ander keuse nie.
SA se jeug moet stem in ’24 vir werklike verandering - April 28, 2023
Die DA sê Suid-Afrikaners geniet wel politieke vryheid, maar broodnodige ekonomiese vryheid bestaan nie. Die party se tussentydse jeugleier, Nicholas Nyathi, sê om hoop in werklikheid te verander, moet elke persoon wat kwalifiseer, as kieser gaan registreer omdat ‘n nuwe meerderheid in 2024 gevorm moet word om ekonomiese vryheid te bring:
Houtskoolprodusente moet versigtig wees, droë seisoen is hier - April 28, 2023
Die Houtskoolvereniging versoek produsente om versigtig te wees gedurende die droë seisoen sodat veldbrande verhoed kan word. Groot dele van die land is tans alreeds uiters droog en as die houtskool-produksieareas nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie, kan dit tot rampspoedige veldbrande lei. Die vereniging sê hy wag tans vir die publisering van die […]
Die reg om te leer is nie in SA gewaarborg nie – aktivis - April 28, 2023
Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die reg om te leer word steeds in die buurland belemmer deur ‘n magdom faktore wat geweld insluit. Vanjaar is meer as tien voorvalle van geweld reeds in skole reg deur die land aangemeld. Makaneta sê dis duidelik dat skole nie meer veilige hawens is nie: